Mossel Bay Advertiser

Ondersoek na ‘gasreuk’ onderweg

- Louise Karsten

Die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it het verlede week met senior bestuursle­de van PetroSA vergader nadat verskeie inwoners van Mosselbaai op Woensdag, 5 Augustus by die Mossel Bay Advertiser gekla het oor ‘n sterk "gasreuk" wat oor die dorp hang.

Dit is egter nie die eerste keer wat inwoners die koerant kontak met klagtes van hoofpyne, duislighei­d en naarheid nie.

Inwoners van Danabaai, Heiderand, Aslapark en KwaNonqaba het gesê dit is ook nie die eerste keer wat hulle die reuk ruik nie. Hulle het op die betrokke Woensdag gekla oor onder meer naarheid en hoofpyne. Verskeie inskrywing­s is ook op sosiale mediaplatf­orms gemaak waar inwoners die onaangenam­e reuk en die effek daarvan bespreek.

Die Advertiser het navrae aan die Mosselbaai-munisipali­teit oor die kwessie gestuur en 'n berig oor die klagtes op sosiale mediaplatf­orms geplaas. Die munisipali­teit het die navrae aan die Tuinroete-distrikmun­isipalitei­t gestuur.

Op Vrydag, 7 Augustus het die betrokke partye na aanleiding van die klagtes vergader. Woordvoerd­er van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t, Herman Pieters sê daar is tydens die vergaderin­g beslis dat die saak dringende aandag sal kry. “’n Tegniese komitee sal aangestel word waarvan die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it deel sal wees. Die oorsaak van die probleem sal vasgestel word.”

Pieters sê inwoners moet verstaan dat die proses wat by PetroSA gevolg sal moet word om die reukproble­em op te spoor, tydsaam kan wees. “PetroSA se bestuur is ten volle gewillig om die probleem op te los. Dit is prioriteit.”

Die oorsaak van die reuk bly tans 'n raaisel. Die Advertiser het navrae aan Pieters gerig waarin gevra word na wat die proses wat sal volg presies behels. Die Advertiser het ook navrae gestuur oor wat die impak van die reuk op inwoners se gesondheid is.

Intussen het PetroSA 'n verklaring uitgereik waarin hulle kennis neem van inwoners se klagtes. Woordvoerd­er, Tumoetsile Mogamisi sê daar was op Woensdag, 12 Augustus geen slegte reuk nie. "Ons werk saam met die Tuinroete-distrikmun­isipalitei­t en is deurlopend besig met monitering om die probleem vas te stel. Ons het ook intussen alle industriël­e prosesse wat aan die reuk gekoppel kan word voorlopig gestaak tot ons die antwoord het."

Mogamisi sê hulle is daartoe verbind om die gesondheid en welstand van werknemers, die gemeenskap­pe en die omgewing te op die hart te dra.

Die oorsaak van die reuk bly tans ‘n raaisel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa