Mossel Bay Advertiser

Fonds wil restaurant­e en kroeë help oorleef

- Jannie du Plessis

Met besighede, restaurant­e en kroeë op hul knieë nadat Covid19-regulasies, soos die verbod op drankverko­pe en die aandklokre­ël wat die sakesektor lamlê, is verskeie plaaslike besighede nou op die rand van bankrotska­p.

"Redding vir ons plaaslike besighede lê in die hande van die gemeenskap. Daarom is die Mossel Bay Covid-19-fonds gestig om nie net kos aan behoeftige gesinne te verskaf nie, maar ook om besighede en hul werkers in hierdie moelike tyd te kan help," sê Shaun Mouton, stigter van die fonds. Mouton het vandeeswee­k vergader met verskeie eienaars van restaurant­e en kroeë om die konsep van die fonds met hulle te bespreek.

Die hele konsep is gemeenskap­sgedrewe en 'n maklike stelsel word gebruik op fondse te genereer. Restaurant-eienaars het tydens die vergaderin­g die Mossel Bay Advertsise­r meegedeel dat dit baie sleg met hulle gaan. Sommige oorweeg om hul besighede te verkoop en ander is weer in die proses om alles te verloor. Buiten die drankverbo­d en toerisme wat 'n knou gekry het, het agterstall­ige huur, salarisse, hulp aan werkers en TERS-betalings wat nie gerealisee­r het nie, hulle in die rooi gedompel.

Met restaurant­e wel oop vir besigheid, het die gemeenskap ook nie meer geld om te gaan uiteet nie en boonop is baie steeds bang om restaurant­e te besoek. Die eienaars van restaurant­e en kroeë het egter tydens die vergaderin­g Dinsdag, 11 Augustus die versekerin­g gegee dat hulle die regulasies nougeset volg.

Volgens Mouton is 'n webtuiste geskep waar die gemeenskap bydraes kan maak om plaaslike besighede en die gemeenskap by te staan om te oorleef. Die webtuiste is gebruikers­vriendelik en deur Payfast gedryf. Die Mossel Bay Covid-19-fonds se bankstate is volgens Mouton vir enigiemand, hetsy potensiële donateurs of lede van die gemeenskap beskikbaar vir besigtigin­g. Inligting waar aflaaipunt­e vir enige skenkings is kan ook op die webtuiste besigtig word. Vir kosdonasie­s kan www. mbcovid19f­und.co.za besoek word. Vir hulp aan restaurant­e en kroeë kan https://mbcovid19f­und.co.za/ saveourpub­s/ besoek word.

‘Redding vir ons plaaslike besighede lê in die hande van die gemeenskap.’

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Die eienaars van plaaslike restaurant­e en kroeë het Dinsdag, 11 Augustus bymekaarge­kom om te hoor of daar dalk redding vir hulle in die pyplyn is.
Foto: Jannie du Plessis Die eienaars van plaaslike restaurant­e en kroeë het Dinsdag, 11 Augustus bymekaarge­kom om te hoor of daar dalk redding vir hulle in die pyplyn is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa