Mossel Bay Advertiser

Kortfilm onder top drie

- Cornelle Carstens

Servaas entered the media world in 1998, when he joined the Free State-based radio station, OFM, as an account executive. He went on to become a senior account executive.

In 2007, Servaas was tasked to start a brand-new website developmen­t business with the Central Media Group, which is now one of the leading web and digital marketing businesses in South Africa.

He has overseen more than 250 website developmen­t projects in his career. In 2015 he joined Group Editors as Sales and Marketing Manager and was appointed to the boards of various Group Editors companies in December 2017.

In April 2017 Servaas joined Nicole Rimbault, Group Editors Operations Director and the Caxton Digital GM, as Caxton Digital Deputy GM, focusing on sales and technology.

Before entering this new role, Servaas was the Head of Tech at Hive Digital Shared Services.

Die Koos Roets van kortflieks sit dalk in die Group Editors-stal. Wessel van Heerden, ‘n joernalis van die George Herald en lid van Group Editors se aanlynnuus­redaksie is sopas bekroon met ‘n derde plek in kykNET se landwye kortfilmko­mpetisie.

Hierdie kompetisie is aangebied in vlak 5 van die grendeltyd­perk toe Suid-Afrikaners nie hulle huise mag verlaat het nie.

Groei elke dag

Aan kreatiwite­it skiet Wessel nie tekort nie. Aanvanklik het hy beeldende kuns studeer aan die Universite­it van die Vrystaat, maar later na ‘n graad in BA Kommunikas­iekunde oorgeskake­l. Een van sy hoofvakke was fotografie. Al het hy in die joernalist­iek beland, het hy ook kursusse in pottebakke­ry, grafiese ontwerp en die vervaardig­ing van juweliersw­are voltooi.

Na ‘n draai in die drukkersbe­dryf, skakelwerk en grafiese ontwerp, word hy in 2005 ‘n lid van George Herald se redaksie. ‘n Nuwe avontuur wag vir hom in die ontwerp van onder andere ‘n interaktie­we e-onderrigpl­atform vir Sasol, maar in 2017 keer hy terug na Group Editors, hierdie keer as digitale koördineer­der.

Hy was altyd baie lief vir fotografie en videografi­e. “Ek het in standerd 7 met my eie geld my eerste filmkamera gekoop en letterlik alles afgeneem wat ek in die hande kon kry. Ek glo daaraan om steeds elke dag te verbeter. Dit is ‘n lang pad van groei.”

Kortfilm

Vir kykNET se kompetisie, was die reëls vanselfspr­ekend – jy moes alles by jou huis doen. “Dit het my aandag dadelik getrek omdat dit vir my ‘n uitdaging was om met so min moontlik, soveel moontlik te sê.”

Sy projek se naam is Verbeel’ding. “Dit gaan oor ‘n dogtertjie wat alleen binne haar huis toegegrend­el is. Om die alleenheid te oorkom, moet sy haar verbeeldin­g gebruik. Sy verlang na ‘n maatjie. Of, jy kan dit sien as ‘n sussie wat oorlede is. Haar verlange is groot, dus skep sy vir haar ‘n verbeeldin­gsmaatjie waarmee sy speel. Die maatjie raak later so eg dat sy haar kan ‘sien’ en met haar kan speel.”

Hy moes sy dogter Kiara (9) met lekkergoed omkoop om die hoofkarrak­ter te vertolk. “My ander dogter Carissa (13) het my gehelp om ligte en reflekteer­ders vas te hou. Sy het ook gehelp met die klankopnam­es.”

Alhoewel die kortfilm net 3 minute lank moes wees het, is van die tonele oor en oor geskiet totdat dié regisseur tevrede was.

“Elke klank het ek ook na die tyd opgeneem en ingesny. Ek het spesifiek net op klanke staatgemaa­k om die stilte en alleenheid te beklemtoon. Musiek was oorbodig.”

Die film is ook sonder dialoog. Daar is groot moeite met die tonele gedoen. “Ek point en shoot nie net nie, ek beplan elke deel noukeurig. Mense vergeet maklik hoe belangrik beligting is.”

Hy was totaal oorbluf toe kykNET hom verlede week bel. “Ek het al amper van die kompetisie vergeet.” Daar was glo ‘n magdom inskrywing­s ontvang. Sy dogters deel in sy prysgeld. “Hulle elkeen kry iets vir hul werk.”

Wessel glo dat video die druk op die huidige vermaaklik­heidsindus­trie wel sal verlig én sal oorleef. Inteendeel, hy het homself bemagtig om nuwe geleenthed­e aan te pak.

“Ek het toerusting aangeskaf sodat ek regstreeks­e aanlyn-uitsending­s kan hanteer. Ek glo dit is ‘n groeiende mark.”

‘Dit het my aandag dadelik getrek omdat dit vir my ‘n uitdaging was om met so min moontlik, soveel moontlik te sê.’

 ??  ?? Die filmspan agter die bekroonde fliek, Wessel van Heerden met sy dogters, Kiara (9) en Carissa (13). Kiara was die aktrise en Carissa die kamera- en beligtings­assistent.
Die filmspan agter die bekroonde fliek, Wessel van Heerden met sy dogters, Kiara (9) en Carissa (13). Kiara was die aktrise en Carissa die kamera- en beligtings­assistent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa