Mossel Bay Advertiser

Geliefde raadslid oorlede

-

‘n Raadslid van die Mosselbaai­munisipali­teit, Len Rauch (69) is op Dinsdag, 11 Augustus oorlede. Die oorsaak van sy dood is nog nie aan die Mossel Bay Advertiser bekend nie. Hy was na wat verneem word by sy huis.

Die munisipali­teit het in ‘n verklaring gesê Rauch het 'n onuitwisba­re merk as lid van die munisipale raad gemaak en het sy plek as lid van die uitvoerend­e komitees op finansiële dienste, tegniese dienste, beplanning en geïntegree­rde dienste, asook op die opleidings­en keurkomite­es volgestaan. Hy was ‘n medestigte­r van een van die sterksgroe­iende buurtwagte in Midbrak en baie betrokke by die belastingb­etalersver­eniging.

Uitvoerend­e burgemeest­er, Harry Levendal sê Rauch het as proporsion­ele verteenwoo­rdiger vir die Demokratie­se Alliansie (DA) in Wyk 7 diep spore getrap in veral die landelike gemeenskap­pe en het die wyksraadsl­id, Barnie Groenewald se hand in die wyk gesterk.

Voor sy gesin in die Mosselbaai-omgewing gevestig het, het Rauch eweneens as 'n leierfiguu­r in die mynbedryf, ook met opheffings­werk, baie gedoen.

Sy kollegas en vriende by Mosselbaai-munisipali­teit sê hulle sal Rauch altyd onthou vir sy gevatte sêgoed, sy wye lewenserva­ring waaruit hulle kon put, vir sy werklike omgee vir sy medemens en vir die wyse waarop hy ander se lewens aangeraak het sonder om dit aan die groot klok te hang. “Hy word onthou as ‘n baie deeglike persoon wat ondanks werksdruk altyd tyd vir ‘n grappie gehad het. Hy kon ondanks emosie, ruim en grootharti­g met sy medemens omgaan,” sê Levendal.

Rauch laat, benewens sy eggenote Jo, ook drie dogters en twee kleinkinde­rs agter.

 ??  ?? Wyle Len Rauch
Wyle Len Rauch

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa