Mossel Bay Advertiser

12 bejaardes oorwin Covid-19

-

In Julie vanjaar het die bestuurder van die ACVV Seebries-tehuise, Ons Huis en Onse Rus op Mosselbaai se grootse vrees waar geword. Hoe versorg jy 33 verswakte, bejaarde inwoners, almal saam in een ruimte as 'n virus soos Covid-19 in die lug is?

En toe raak Amanda Prinsloo en haar personeel bewus van ‘n inwoner wat Covid19-simptome toon. Die vrou is vir Covid-19 getoets en die uitslag was postief.

Amanda beskryf die oomblik toe sy die nuus hoor, as die ergste oomblik in haar lewe.

Mossel Bay Advertiser joernalis, Louise Karsten het met Amanda gesels nadat al 12 inwoners en vier werknemers van die virus herstel het.

Vertel my van die oomblik toe jy weet Covid-19 is in jul tehuis?

Ek voel verantwoor­delik vir elke inwoner en werknemer. Gelukkig was die situasie in ons aksiekomit­ee bespreek, asook hoe ons dit sou hanteer indien daar Covid-19 sou uitbreek. Ons plan van aksie is onmiddelli­k toegepas. Alle inwoners, asook personeel is die volgende dag getoets.

Dit het gevoel of my lewe uitmekaarv­al. Ek het elke familielid persoonlik gebel en verwittig. Daarna het ek 'n e-pos uitgestuur. Die reëlings rondom isolasie is onmiddelli­k ingestel en ons het die personeel gevra wie bereid sou wees om in die Covid-saal te werk. Ons het ‘n maatskappy gekry om die kamers van die positiewe inwoners te ontsmet. Die moeilikste vir my was die gevoel dat ek alle protokol gevolg het en dat dit steeds in die tehuis ingekom het. Jy voel jy het almal gefaal.

Hoe het jy jou personeel en die familie van die inwoners gerus gestel?

Ek was geweldig gespanne in die tyd en net my man se woorde, dat ek nie God is nie en net my beste kan gee, het my deurgedra. Ook die gebede. Ons het met families kontak behou en sodra daar ‘n veranderin­g was, is almal persoonlik gekontak. Die personeel wat positief getoets het, was ons ook mee in kontak om hulle te bemoedig. Ek het die grootste agting vir die personeel wat daagliks opgedaag het vir werk en voortgegaa­n het om ‘n diens te lewer al was hulle bang.

Julle het toe ‘n Covid-19-saal op die perseel gekry. Hoe het jy dit hanteer?

Ek was baie bang. Enigeen wat my ken, weet dat ek baie lief vir my inwoners is. Hulle is my passie en my liefde. Hulle was in ‘n hoë risiko. Ek glo gebed is die rede dat hulle almal uit die Covid-saal gekom het.

Ek het die volle ondersteun­ing van die familieled­e, personeel en my beheerraad gehad. Ek wil almal uit die diepte van my hart bedank.

Hoe het jy gevoel toe jy gesien het dat die bejaardes begin aansterk?

Dankbaarhe­id teenoor my Skepper, teenoor die personeel. Toe ons dokter in die Covid-saal ingaan en elke inwoner ondersoek, en uitkom en sê hy is verbaas oor hoe goed hulle lyk, het ek geweet ons kan nou net vorentoe kyk. God se genade is onbeskryfl­ik groot.

Hoe voel jy na dese ?

Covid-19 het vrees kom saai, maar ek het besluit dat God ‘n God van liefde en vrede is, nie ‘n God van vrees nie.

Een van ons Covid-19 positiewe inwoners wat herstel het, is in die tussentyd na ‘n beroerte oorlede.

Dit was baie hartseer.

 ??  ??
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Onse Rus se heldinne. Dit is die personeel wat te midde van die vreesaanja­ende Covid-19 storm, volgehou het om siek bejaarde inwoners te behandel. INLAS: Amanda Prinsloo
Foto: Jannie du Plessis Onse Rus se heldinne. Dit is die personeel wat te midde van die vreesaanja­ende Covid-19 storm, volgehou het om siek bejaarde inwoners te behandel. INLAS: Amanda Prinsloo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa