Mossel Bay Advertiser

CEF-dienste is steeds beskikbaar

-

Creating Effective Families (CEF), Mosselbaai:

Die Covid-19-pandemie het die hele wêreld getref en almal is geaffektee­r, selfs ons hier in die mooiste Mosselbaai. CEF moes soos alle ander dienste en besighede ons dienste staak tydens die noodtoesta­nd en die gevolglike grendel periode.

Tydens vlak 1 het ons in samewerkin­g met MOBCEF, YWAM en Vida Nova die BeCEFhelp-projek geïnisieer en was ons verstom oor die ruimhartig­e, konstante bydraes van Mosselbaai­ers. Dit het dit moontlik gemaak om gedurende die periode 1 April tot 30 Julie voedselkoe­pons aan 212 gesinne te verskaf, 85 van hierdie gesinne het koepons op ‘n deurlopend­e basis ontvang. Ons is so dankbaar vir alle finansiële bydraes wat hierdie projek moontlik maak. Dit is duidelik dat voedselnoo­d hier is om te bly.

CEF is op 2 Junie ook getref deur inbrake en vandalisme van ons skuiling vir vroue asook ons kantore in D’Almeida. Baie, baie dankie aan al die vrywillige­rs vir hulle onbaatsugt­ige bydraes om ons geboue te herstel en is ons dankbaar om te kan sê dat ons kantore weer oop is.

Gedurende hierdie besondere maand van Augustus wat ook bekend staan as vrouemaand is CEF dankbaar om te help binne sisteme wat steeds swaar getref word met personeel wat positief toets vir Covid-19.

Die department van justisie en SAPD word by tye swaar getref tot die mate dat hulle kantore sommige dae moet sluit wat hulle dienslewer­ing aan die gemeenskap belemmer. Aan alle slagoffers van gesinsgewe­ld word ‘n holistiese diens gelewer wat insluit die aansoek om ‘n beskerming­sbevel indien nodig. Afsprake vir hierdie diens kan gemaak word by Aslapark (044 693 0112) en D’Almeida (044 693 1092).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa