Mossel Bay Advertiser

Ackerman se duiwe blink uit

-

Nuweling Fanie Ackerman se duiwe het die afgelope naweek behoorlik amok onder die ander duiweboere gemaak. Ackerman is lid van die Diaz All Flightklub en wen beide die jaaroud en ope wedvlugte in die klub wat vanaf Britztown (408km) plaasgevin­d het.

In die ope afdeling verower hy nie net die eerste plek nie, maar behaal ook die tweede plek gevolg deur Joe Lemos in die derde plek. In die klub se jaaroud afdeling vlieg Kiara Nel (jnr) die tweede plek los, gevolg deur N&H Binedell in die derde plek.

In die dorpseksie word die jaaroud afdeling gewen deur 'n duif van Kiara Nel (jnr). Jerry van der Mescht behaal die tweede plek, gevolg deur Morné Robertson in die derde plek.

In die dorpseksie se ope afdeling verower Chris Nel die eerste twee plekke, gevolg deur T&L Swart in die derde en vierde plekke.

Uitslae

Volledige uitslae is soos volg:

Klub jaaroud: Fanie Ackerman (1, 25, 28, 30); Kiara Nel (2); N&H Binedell (3, 6); Sunday Montero (4, 5, 7); Larry van Vuuren (8, 9, 10, 16, 19, 21, 29); Jerry van der Mescht (11, 27); Joe Lemos (12, 13, 14, 15); Morné Robertson (17); Chris Nel (18, 22, 23, 24); Chris Nel (20, 26).

Klub ope: Fanie Ackerman (1, 2, 19, 23); Joe Lemos (3, 11, 12, 13, 22, 28); Chris Nel (4, 15, 30); Sunday Montero (5, 6, 7, 8, 21, 27); Larry van Vuuren (9, 10, 14, 16, 18); T&L Swart (17, 20, 26); Jerry van der Mescht (24); N&H Binedell (25); Alfie Ladson (29). Dorp jaaroud: Kiara Nel (1, 19); Jerry van der Mescht (2, 10, 14, 17); Morné Robertson (3, 16, 18); Chris Nel (4, 6, 7, 8, 12, 13, 15); Alfie Ladson (5, 9); T&L Swart (11, 20). Dorp ope: Chris Nel (1, 2, 8,16, 20); T&L Swart (3, 4, 6, 13, 17); Jerry van der Mescht (5, 10, 12); Alfie Ladson (7, 9, 11); Morné Robertson (14, 15); Kiara Nel (18, 19.) Saterdag se wedvlugte sal vanaf Strydenbur­g plaasvind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa