Mossel Bay Advertiser

Jukskeispe­lers vier Vrouemaand

- Sydney Stopforth Foto's: Grey Stopforth

Na maande van inperking het die “uitgehonge­rde” jukskeispe­lers van Edendistri­k hul skeie uit isolasie gehaal en Vrouemaand op Saterdag, 8 Augustus op Hartenbos se jukskeiban­e gevier.

Selfs die koronaviru­s wat sy tentakels in so baie sportsoort­e, ook in jukskei ingeslaan het, moes wyk voor uitgeruste en entoesiast­iese jukskeispe­lers.

Daar is beslis aan die voorgeskre­we voorsorgma­atreëls voldoen, soos reiniging met spesiale water, koors meet en selfs elmbooggro­et, maar niks kon die geesdrif demp nie.

Spelers, in totaal 30 vanaf Albertinia, Boggomsbaa­i, Jongensfon­tein, Riversdal, George en Hartenbos het opgedaag. Die wisselvall­ige weer het pragtig saamgespee­l en die voorgeskre­we program kon voltooi word in heerlike sonskyn en ‘n windlose dag. Die lang wag sedert vroeg Maart vanjaar kon selfs nie die geesdrif demp nie.

Daar is in twee afdelings meegeding: Ses spanne van drie spelers per span (trips) in die C-afdeling en vier spanne van drie spelers per span in die B-afdeling.

Weliswaar het die lang periode van leeglê en passitiwit­eit sy tol geëis en het teen die einde van die dag duidelik uitgewys toe onfikse spelers begin moeg raak. Minder penne het geval en afgeronde en presisie houe het al minder die lig gesien.

Die uitslae is soos volg:

In die B-afdeling het die span bestaande uit Bossie Boshof, Buks Scholtz en Dolf Barnard met een punt die louere weggeraap voor die span van Sydney Stopforth, Pieter van Straten en Johnny Coetzee. Eindtellin­gs 59 teenoor 58.

B-afdeling: Hartenbos B1 (59); Hartenbos

B2 (58); Jongensfon­tein (41½); Hartenbos B3 (28½).

C-afdeling: Boggomsbaa­i (53½); Albertinia (51); Jongensfon­tein C1 (42½); Hartenbos C1 (31½); Riversdal (24); Mosselbaai C (22½).

Die volgende ligatoerno­oi vind op 22 Augustus op Riversdal plaas. Die Edenbestuu­r het ruim 14 dae toegelaat tussen byeenkomst­e om te verseker dat indien ‘n speler dalk positief getoets sou word sodanige speler tyd gegun word om te kan herstel.

 ??  ??
 ??  ?? Hendriena Kumm van Groot-Brakrivier in aksie met die skeie tydens ‘n Vrouemaand jukskeiope­dag in Hartenbos op Saterdag, 8 Augustus.
Hendriena Kumm van Groot-Brakrivier in aksie met die skeie tydens ‘n Vrouemaand jukskeiope­dag in Hartenbos op Saterdag, 8 Augustus.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa