Mossel Bay Advertiser

Nog baie vrae is onbeantwoo­rd

- Clive Pretorius

Die onsekerhei­d rondom die dood van Nicolin Davids (26), ’n eerstejaar verpleegst­udent wat verlede jaar tydens Heidelberg se jaarlikse Sportdagvi­eringe gesterf het, duur voort.

Dit volg na ’n vergaderin­g op Donderdag, 8 Oktober waartydens ’n afvaardigi­ng van die onafhankli­ke polisie ondersoekd­irektoraat (Opod) terugvoeri­ng aan nagenoeg 230 inwoners kom gee het.

Davids se liggaam is op ’n oop stuk veld by die dorp se rugbyveld gekry. Hy het ernstige hoofbeseri­ngs opgedoen en is op die toneel dood nadat ’n vragmotor, wat na bewering ’n polisievoe­rtuig was, oor sy kop gery het.

Die Opod-afvaardigi­ng, onder leiding van Thabo Leholo (provinsial­e direkteur), Mario September (adjunk-direkteur), Owen Anthony (lid van die George-kantoor), asook Chris Nissen (SAMRK provinsial­e kommissari­s) het die inwoners kom inlig hoe ver hulle met die vier sake wat hulle tans ondersoek, gevorder het. Buiten Davids, word die oorsaak van Gerald Esau, Henry October en Jan Esau se dood ondersoek na bewerings dat polisie-optrede moontlik daartoe bygedra het.

Gerald Esau het in Februarie 2016, maande nadat hy glo deur polisieled­e aangerand is, in die hospitaal gesterf. October het op 29 September vanjaar ook in die hospitaal gesterf na hy ook blykbaar in die selle aangerand is. Jan Esau is Saterdag, 3 Oktober dood in die sel aangetref waar hy hom vermoedeli­k gehang het.

September het beklemtoon dat hulle nie alles bekend kan maak nie, maar dat hulle nie tevrede met Gerald Esau se saak is nie en dat hulle dit in heroorwegi­ng gaan neem.

Hy het gesê dat Davids se ondersoek afgehandel en na die direkteur van die openbare vervolger (DOV) verwys is. Wat October se geval betref, het hy genoem dat die ondersoek in ’n baie sensitiewe stadium is en daar nog uitstaande verklaring­s is voor dit na die DOV verwys word. Met verwysing na Jan Esau het September gesê dat die outopsie reeds gedoen is en dat hulle op die finale verslag wag. “Ons het nie al die antwoorde nie, maar ons sal alles in ons vermoë doen om geregtighe­id te laat geskied. Julle moet onthou dat julle die mag het om wetgewing te verander,” het hy onder luide toejuiging gesê.

Wees geduldig

Nissen het tydens sy insette benadruk dat elke saak sy eie meriete het. Hy het bevestig dat hulle genl Yolisa Mataka, Wes-Kaap kommissari­s gaan versoek om Heidelberg­polisiesta­sie

dringend te ondersoek, maar die inwoners gevra om geduldig te wees met die Opod-ondersoeke. Aan die polisieled­e het hy gesê dat hulle die gemeenskap nodig het om misdaad te help bekamp. “Onthou, met regte kom ook verantwoor­delikhede,” het hy gemaan. Hy het bygevoeg dat daar wel vrot appels in die polisie is, maar ook baie goeie polisiebea­mptes. Voorts het hy die inwoners wat die vorige Maandag buite die polisiesta­sie opgeruk het, geloof vir die dissipline en orde wat hulle gehandhaaf het.

Tydens die verrigting­e het James Gelderbloe­m aan Nissen en Leholo genoem dat kapt Mervyn Zana ’n inwoner vroeër die aand sou gedreig het. Nissen het dadelik met brig Phumzile Cetyana, waarnemend­e bevelvoerd­er van die Da Gamaskoppo­lisiesone in verbinding getree en hom gevra om Zana te waarsku om inwoners nie te intimideer nie.

 ??  ?? Die Duivenhoks-gemeenskap­saal was volgepak.
Die Duivenhoks-gemeenskap­saal was volgepak.
 ??  ?? Nicolin Davids se tante, Purcilla Hunter is aan die woord.
Nicolin Davids se tante, Purcilla Hunter is aan die woord.
 ?? Foto’s: Clive Pretorius ?? Eerw Chris Nissen waarsku die polisie om hul kultuur te verander.
Foto’s: Clive Pretorius Eerw Chris Nissen waarsku die polisie om hul kultuur te verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa