Dié kat het nege lewens
Wat in ‘n katastrofiese gebeurtenis kon eindig, was wonderbaarlik omskep toe die kat met nege lewens ewe ongeërg vir diens rapporteer en wys hy is nie ‘n kat wat jy sonder handskoene moet aanpak nie.
Hy was net vir ‘n wyle doenig met kattekwaad nadat hy en een van die lede soos kat en hond baklei het. Kolonel Tiger het die heeltyd kat en muis gespeel met die speurders van die Mosselbaaipolisiestasie.
Kolonel Tiger het gewys dat hy is nie net die kat se snorbaard nie, maar die ware Kolonel Tiger. Hy is beslis nie ‘n kat wat jy sommer agter elke boom (of uit elke sel) uitskop nie.