Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai het markte te kus en te keur

-

Die Harry Giddey-park is nie net die groen long van Mosselbaai nie, maar binnekort ook die adres van die “mark in die park”.

Op 31 Oktober is dit markdag in die Harry Giddey-park.

Die park bied ‘n unieke atmosfeer met reuse skadubome, ruim grasperke vir ‘n piekniek en wandelpaad­jies vir oud en jonk om die omgewing te geniet. Die park se dierelewe kan ook besigtig word.

Mosselbaai-munisipali­teit nooi voornemend­e stalletjie­houers om reeds nou vir uitstalspa­sie aansoek te doen. Besoek gerus LED-kantore by die Goods Shed vir die aansoekvor­m of skakel (044 606 5000). Aansoekvor­ms kan per e-pos teruggestu­ur word by sesau@mosselbay.gov.za

Aangesien dit ‘n opelugmark is wat aan die natuur elemente blootgeste­l is, sal inligting oor verwagte weersomsta­ndighede wel kort voor die markdag aan uitstaller­s deurgegee word.

Die munisipali­teit sal musiek verskaf om die regte atmosfeer te skep, skoon ablusieger­iewe verseker, asook die nodige Covid-19-regulasies toepas. ‘n Sekuriteit­swag sal ook aan diens wees. Daar is genoegsame parkering rondom die park.

Uitstaller­s moet reeds om 09:00 opgestel wees en moet bereid wees om tot 15:00 handel te dryf.

Hartenbos Boeremark

Hartenbos Boeremark met meer as 80 uitstaller­s se volgende markte is op 24 en 31 Oktober. Die markte vind vanaf 09:00 tot 14:00 by die Carney-gebou op Hartenbos plaas. Vriendelik­e uitstaller­s en jolige musiek. Markbesoek­ers moet asseblief te alle tye maskers dra. Navrae Charles (082 852 1773).

Goods Shed Markdag

Die Goods Shed se markdag vind weer Saterdag, 17 Oktober by The Goods Shed plaas. Daar sal snuffelsta­lletjies, vars-, vleisen kaasproduk­te, asook gebakte produkte en ‘n groot verskeiden­heid kosstallet­jies wees. Daar is ook ‘n springkast­eel vir kinders beskikbaar.

Vir meer inligting, kontak Christo (082 496 6316 of 044 695 2331).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa