Bonny-Lyle se hart én hand oop
Bonny-Lyle Young, 'n graad 11-leerder van Hoërskool Punt, het gedurende die Covid 19-inperking blokkies gebrei om komberse te maak vir die ACVV Seebriestehuise vir bejaardes.
Sy het op 8 Oktober sewe komberse wat sy self gemaak het, oorhandig aan die bestuurder van die tehuise in Montagustraat, Amanda Prinsloo.