Mossel Bay Advertiser

Die volle gebeure

- ■ Christo Vermaak

By monde van Juanita Leask, Johann Ungerer (66) se dogter, is die gebeure waar Ungerer in die vroeë oggendure van Dinsdag, 3 November in sy huis in Melkboomst­raat vermoor is, aan Suid-Kaap Forum geopenbaar.

Leask het as woordvoerd­er vir die familie die beweerde gebeure voor, tydens en na die moord uiteengesi­t.

Sy het haar ma, Christa (61) se weergawe van die gebeure neergepen.

Met ter perse gaan is niemand nog in hegtenis geneem nie. Die verdagtes het met die Ungerers se Chevrolet LDVbakkie gevlug, asook waardevoll­e artikels wat geld, selfone, ‘n skootreken­aar en juwele insluit.

Die familie het ‘n beloning van R10 000 uitgereik vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvoll­e arrestasie van die moordenaar­s, asook die terugvind van ‘n unieke trouring. “Die terugvind van die trouring kan die inhegtenis­name van die verdagtes tot gevolg hê,” het Leask gesê.

Die bakkie is later die oggend verlate op ‘n plaas tussen Stilbaai en Riversdal teruggevin­d.

Die Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kapt Malcolm Pojie het gesê die polisie ondersoek ‘n klag van huisroof en moord.

Volgens Leask het haar ma net voor die gebeure hul hond uitgeneem. “My ma vertel sy het ‘n skaduwee gesien en ‘n kraakgelui­d op die vloer gehoor toe sy weer die huis binnekom. Sy het met haar rug teen my pa gaan lê en was besig om in te sluimer toe drie mans met maskers die kamer instap.”

Die mans was met ‘n vuurwapen, skroewedra­aier en ‘n mes gewapen. Twee van hulle het reguit na Ungerer gestap en een het haar in die bed begin rondruk. “My ma kon net hoor hoe een van die twee aanvallers hom gevra het 'Why do you keep on fighting?'"

Die aanvallers het Christa forseer om hulle deur die huis te vat en items van waarde uit te wys. Met hulle terugkeer na die kamer het sy haar man hoor roggel, vermoedeli­k weens bloeding na hy met die skroewedra­aier in die nek gewond is.

Die aanvallers het haar gedwing om die bakkie wat in die motorhuis geparkeer was, se sleutel aan hulle te oorhandig. Hulle het daarna gevlug en die kamerdeur van die buitekant gesluit.

Sy kon daarin slaag om met ‘n spaarsleut­el die ander sleutel uit die sleutelgat te forseer en sodoende te ontsnap.

Voor dit het sy Ungerer blykbaar styf vasgehou en aan hom gesê sy is lief vir hom en is so jammer, maar sy moet nou die moordenaar­s gaan vang.

Leask sê die familie is in die proses om die sekuriteit by die huis op te knap, omdat haar ma daar wil aanbly.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes, word versoek om die ondersoekb­eamptes, adjudant-offisiere Ludwich Schnetler (028 754 6100/079 894 1593), Tekkie Grebe (082 469 6752) of Crime Stop (08600 10111) te kontak.

 ??  ?? Tydens ‘n gesellige kuiertjie is (links van voor) Johann en Christa Ungerer, asook Juanita Leask (dogter). Regs van voor is Gerhard en Neola Ungerer (seun en skoondogte­r), asook Brett Leask (skoonseun).
Tydens ‘n gesellige kuiertjie is (links van voor) Johann en Christa Ungerer, asook Juanita Leask (dogter). Regs van voor is Gerhard en Neola Ungerer (seun en skoondogte­r), asook Brett Leask (skoonseun).
 ??  ?? Die unieke en waardevoll­e trouring wat tydens die huisroof gesteel is.
Die unieke en waardevoll­e trouring wat tydens die huisroof gesteel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa