Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai­ers staan voor uitdaging

- Louise Karsten

Mosselbaai se burgemeest­er, Harry Levendal het in ‘n nuusbrief die afgelope week gesê inwoners van die Tuinroete, en ook Mosselbaai­ers, staan nou voor ‘n groot uitdaging om die huidige toename van Covid-19 aktiewe gevalle hok te slaan.

Dit volg op 'n week tot week vergelykin­g van statistiek­e deur die WesKaapse departemen­t van gesondheid. Daaruit blyk dit dat Mosselbaai die grootste toename, 'n skrikwekke­nde 382% groei, in die distrik getoon het, met 201 aktiewe getalle wat op 18 November aangeteken is.

Levendal sê dit is bekommerin­gswaardig dat, anders as in baie ander dorpe, daar in Mosselbaai 'n lukrake verspreidi­ng van die koronaviru­s voorkom en dat geen area uitgesonde­r kan word as 'n sogenaamde brandpunt nie. “Nie alle geïnfektee­rde persone toon simptome nie en kan onwetend en niksvermoe­dend die virus versprei.”

Intussen het die Mosselbaai­munisipali­teit, in die belang van inwoners en personeel se gesondheid en veiligheid, besluit om persoon-totpersoon direkte kontak tussen die publiek en die beamptes in te kort deur personeel te vra om, waar moontlik, tuis te werk.

"Die ondervindi­ng in die nasionale Covid-19-inperkings­vlakke 5/4/3/2 het bewys dat dieselfde uitstaande dienslewer­ingsvlakke steeds gehandhaaf word, selfs al werk sommige personeel tuis. Inteendeel, van die personeel werk tuis selfs harder as op kantoor," sê Levendal.

Sommige afdelings, soos die lisensiehe­rnuwingsto­onbanke, die kassiere, die afdelings waar munisipale fasiliteit­e soos gemeenskap­sale bespreek word en sportfasil­iteite is steeds vir die publiek beskikbaar.

Levendal doen 'n beroep op die gemeenskap om die verspreidi­ng van die virus te help voorkom.

"Die somervakan­sie is voor hande. Mosselbaai se ekonomie is baie afhanklik van toerisme en volgens aanduiding­s sal akkomodasi­e-instelling­s vanaf middel-Desember goed benut word. Inwoners, soos ook die besoekers, sal deurentyd bedag moet wees op die verspreidi­ng van die virus en sal alles moontlik moet doen om dit te voorkom. Dra asseblief u masker, was gereeld u hande deeglik met seep, handhaaf die voorgeskre­we afstand en vermy sover moontlik plekke waar baie mense saamdrom."

 ??  ?? Uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal.
Uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa