Mossel Bay Advertiser

Vrou brand dood in huis

- Louise Karsten

‘n Vier-en-veertigjar­ige vrou is in die vroeë oggendure op 16 November in ‘n huisbrand op Groot-Brakrivier dood.

Die slagoffer is intussen geïdentifi­seer as Esmerelda Muller.

Volgens die polisie het die woning by Greenhaven om ongeveer 03:00 aan die brand geslaan.

‘n Man en sy 17-jarige dogter, sy 10-jarige seun en ‘n baba van 11 maande oud kon daarin slaag om betyds uit die woning te ontsnap.

Die Groot-Brakrivier-polisie en die

Mosselbaai-munisipali­teit se brand-, redding- en rampbestuu­rdienste is na die toneel ontbied en het die brand geblus.

Kommunikas­iebeampte van die polisie op Groot-Brakrivier, sers Laurianne Botha sê die gesin het alles in die brand verloor.

“Hulle het niks oor nie. Ons doen ‘n beroep op inwoners wat komberse, klere, skoene en ou huishoudel­ike items wil skenk, om my te kontak.” Botha sê inwoners van die gebied het hulle intussen oor die gesin ontferm en vir hulle tydelike huisvestin­g gebied.

Botha kan gekontak word (082 522 1682).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa