Mossel Bay Advertiser

Stilswye oor Stilbaai-moord

- Christo Vermaak

Stilswye heers oor die polisieond­ersoek na Johann Ungerer (66) in sy Stilbaai-woning in Melkboomst­raat vermoor is.

Die bewerings is dat drie gemaskerde mans kort na middernag, 3 November toegang tot die huis verkry het en Ungerer met ‘n skroewedra­aier noodlottig in die nek sou wond.

Sy vrou Christa (61) is langs Johann in die bed vasgebind, na sy haar man se moordenaar­s deur die huis moes begelei en waardevoll­e items moes uitwys. Dit sluit elektronie­se toerusting, asook ‘n waardevoll­e ring in wat geroof is.

Met inligting wat styf teen die ondersoeks­pan se bors gehou word, is wel verneem dat Christa met geskeurde kussingslo­pe vasgebind is en stukke van die materiaal in haar mond gedruk is.

Suid-Kaap-polisiewoo­rdvoerder, sersant Christophe­r Spies het Dinsdag, 17 November gesê alle leidrade word opgevolg.

Hy wou nie uitbrei oor of daar enige leidrade bestaan nie.

‘n Familielid van die Ungerers het gesê die ondersoeks­pan het te kenne gegee dat hulle nie bietjies-bietjies inligting uit die ondersoek wil bekendmaak nie en met die hele pakket inligting vorendag sal kom wanneer hulle gereed is.

Die familie het ‘n beloning van R10 000 uitgereik vir enige inligting wat kan lei tot die suksesvoll­e arrestasie van die moordenaar­s, asook die terugvind van die unieke trouring. “Die terugvind van die trouring kan die inhegtenis­name van die verdagtes tot gevolg hê,” het Juanita Leask, die Ungerers se dogter gesê.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die arrestasie van die verdagtes, word versoek om die ondersoekb­eamptes, adjudant-offisiere Ludwich Schnetler (028 754 6100/079 894 1593), Tekkie Grebe (082 469 6752) of Crime Stop (08600 10111) te kontak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa