Mossel Bay Advertiser

Politikus ‘n ware heer

- Cornelle Carstens

Die gemeenskap en plaaslike politici is stomgeslaa­n oor die skielike en onverwagse afsterwe van Jovan Bruinders (54). Bruinders was ‘n geliefde en gerespekte­erde lid van die Mosselbaai munisipale raad tot en met sy afsterwe in die vroeë oggendure van Saterdag, 14 November. Hy is aan natuurlike oorsake in die Life Bay View hospitaal oorlede nadat hy enkele dae tevore in die intensiewe­sorgeenhei­d opgeneem is.

Huldeblyke het gedurende die week van oral ingestroom en veral sy kollegas op die raad en in politieke kringe het onomwonde gesê watter leemte sy afsterwe laat. Volgens almal, was hy ‘n ware heer wat sy kollegas, opposisie-raadslede en die munisipale personeel deurgaans met die grootste respek behandel het.

“Dis ‘n hartseer dag vir Mosselbaai, woorde sal die hartseer nie kan beskryf nie, my kollega en vriend se stem gaan gemis word in die raadsaal,” het raadslid Dawid Kamfer van Icosa gesê.

Volgens Chief Elroy Baron van die VF+, was Bruinders ‘n hoogservar­e raadslid en bekend vir sy skerp verteenwoo­rdiging. “Hy het heeltyd baklei vir die armes wie se stem nooit gehoor word nie. Die ANC het ‘n groot leemte wat ek seker is hulle nie maklik sal kan vul nie. Sy nalatenska­p is dié van iemand wat met almal oor die weg gekom en altyd tot die bitter einde geveg het.”

Ook raadslid Mark Furness noem Bruinders ‘n briljante debatteerd­er. “Ons was opponente en het dikwels nie saamgestem nie, maar daar was altyd respek. Die debatte was taai, maar ons het die raadsaal altyd as vriende verlaat.”

Die munisipale bestuurder, adv Thys Gilliomee meen dat Bruinders ‘n beduidende leemte in die raad laat. “Hy was ‘n ingeligte, goed beredeneer­de en redelike persoon en het hy sy rol as raadslid baie ernstig en met toewyding opgeneem. Sy heengaan is ‘n beduidende verlies vir die groter Mosselbaai-gemeenskap.”

Ook die uitvoerend­e burgemeest­er, raadsheer Harry Levendal het Bruinders se afsterwe met leedwese betreur.

Cameron Dugmore, ANC parlements­lid vir Mosselbaai en opposisiel­eier in die WesKaapse wetgewer het Bruinders geloof nie net vir sy aktiewe rol tydens die bevrydings­tryd in Suid-Afrika nie, maar dat hy met die koms van die demokratie­se bestel sy deel gedoen het om dit uit te bou. “Sodoende, het hy sy gemeenskap verder gedien.”

Volgens Dugmore was Bruinders veral passievol dat die entreprene­urs en werkers van Mosselbaai uit opkomende projekte, soos die gaseksplor­asie deur TOTAL, baat moet vind.

Jovan Bruinders word op Saterdag, 21 November om 11:00 vanuit die Holy Nativity Kerk in Uitbreidin­g 13 begrawe. Die huisdiens is om 10:00 in Barracudas­traat 95.

Hy word oorleef deur sy vrou, Marion en drie kinders, Tavin, Kirsty en Zoë, sy ma, Ann Bruinders en drie broers, Sullivan, Christiaan en Quintin.

* Lees die familie se huldeblyk en herinnerin­ge, asook meer agtergrond oor Jovan Bruinders se politieke agtergrond aanlyn by www. mosselbaya­dvertiser.com

 ??  ?? Hercheline Baatjies
Jewel Jonkers
Hercheline Baatjies Jewel Jonkers
 ??  ?? Wyle Jovan Bruinders op verkiesing­sdag tydens die algemene verkiesing in 2019 buitekant die binnenshui­se sportsentr­um.
Wyle Jovan Bruinders op verkiesing­sdag tydens die algemene verkiesing in 2019 buitekant die binnenshui­se sportsentr­um.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa