Mossel Bay Advertiser

Steeds selfstandi­g op 102

-

Marie-Louise van Niekerk, 'n inwoner van die Protea-aftree-oord het vandeeswee­k tydens 'n gesellighe­id haar verjaarsda­g gevier. Sy is egter eers môre, 21 November 102 jaar oud. Volgens haar dogter, Emma du Plessis by wie sy reeds die afgelope 18 jaar bly, is Marie-Louise nog helder van verstand en vergeet sy geen van die familieled­e se verjaarsda­e nie.

Emma, een van ses kinders, vertel dat haar ma haar lewe lank gewerk het en sy vermoed dat dit die rede is waarom haar ma nog steeds so bedrywig is. "Sy loop wel met behulp van 'n loopraam en haar sig en gehoor is swak, maar met haar sin vir humor skort daar niks en sy versorg haarself eiehandig."

Op 99-jarige ouderdom, het Marie-Louise 'n heupvervan­ging onder slegs

lokale verdowing gehad. "Sy het nog met die mediese personeel tydens die prosedure gesels. Hulle het gesê dat hulle nog nooit voorheen so iets beleef het nie."

Emma sê ook dat haar ma 'n diep gelowige mens is wat daagliks hand aan hand met God stap.

 ??  ?? Marie-Louise van Niekerk vier haar 102de verjaarsda­g.
Marie-Louise van Niekerk vier haar 102de verjaarsda­g.
 ??  ?? Helena Oosthuizen het op 11 Oktober haar 95ste verjaarsda­g herdenk. In haar jonger dae het sy al vir meer as 30 jaar orrel vir Albertinia NG Kerk Moedergeme­ente gespeel.
Helena Oosthuizen het op 11 Oktober haar 95ste verjaarsda­g herdenk. In haar jonger dae het sy al vir meer as 30 jaar orrel vir Albertinia NG Kerk Moedergeme­ente gespeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa