Mossel Bay Advertiser

Vrae oor fonds

- Louise Karsten

Die stigter van die Mossel Bay Covid-19fonds, Shaun Mouton ontken beskuldigi­ngs teen hom dat dié fonds 'n klug is. Dit volg op talle gerugte deur inwoners wat glo kaartjies in 'n gelukstrek­king wat deur die fonds aangebied word, gekoop het.

In die trekking word inwoners aangemoedi­g om R250 per kaartjie te betaal en waarna hulle dan tydens 'n gelukstrek­king 'n Nissan 370Z kan wen. Daar is glo slegs 2 500 kaartjies beskikbaar. Inwoners beweer egter nou op sosiale media dat Mouton die skenkings wat aan die fonds gemaak word, in sy sak steek.

Hy ontken die bewerings teen hom ten sterkste. Mouton sê hy het twee niewinsgew­ende organisasi­es gestig met die doel om besighede te ondersteun tydens die uitdagende Covid-19-pandemie en, om kos aan noodhebben­des te verskaf. Mouton is die direkteur van die fonds en het beheer oor die rekening. Hy sê die Mossel Bay Covid-19-fonds is geregistre­er onder die nommer: 2020/183237/08. Die Small Business Relief-fonds word volgens Mouton nog nie gebruik nie. Hy het ook mense wat vir die fonds werk deur byvoorbeel­d kos aan gesinne af te lewer.

Snuf in die neus

Mosselbaai­ers het begin kriewelrig raak toe daar teen November steeds geen wenner vir die beloofde voertuig aangekondi­g is nie. Inskrywing­s is op sosiale media gemaak waar inwoners vra wat van die beloofde gelukstrek­king geword het.

Wat dié omgekrapte inwoners betref, sê Mouton hulle vermoed dat 'n vrou wat op Facebook gekla het, iemand is wat 'n vals profiel geskep het. "Ons het nou al talle boodskappe na haar Facebookbl­ad gestuur oor die negatiewe kommentaar jeens ons fonds, maar sy reageer nie." In 'n onlangse boodskap op die fonds se Facebookbl­ad moedig Mouton inwoners steeds aan om vir die kompetisie in te skryf.

Daarin sê hy onder meer dat amper 1 000 inwoners 'n bedrag van ongeveer R176 000 geskenk het en dat 98% van die skenkers van Mosselbaai afkomstig is. Hy sê ook dat R30 000 reeds op uitgawes spandeer is om die kompetisie­koste te dek.

Die verwagte wenner van die voertuig sal volgens hom teen die einde van die vakansie aangekondi­g word. "Of vroeër as die kompetisie­koste gedek is."

Mouton sê die Nissan 370Z behoort tans aan 'n "besigheids­man wat dit beskikbaar gestel het". Hy sê hy het die name en inligting van alle skenkers en is bereid om die fonds se bankstate aan enigeen wat al geld geskenk het, beskikbaar te stel. Volgens Mouton is vier ander nie-winsgewend­e organisasi­es by die fonds betrokke, en help die organisasi­es sy fonds om Mosselbaai­ers in moeilike tye te ondersteun.

 ??  ?? Stigter en direkteur van die fonds, Shaun Mouton.
Stigter en direkteur van die fonds, Shaun Mouton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa