Mossel Bay Advertiser

R11 000 plus vir diere

- Louise Karsten

Meer as R11 000 is op 7 November vir Caws 4 Paws en die Dierebeske­rmingsvere­niging ingesamel. Caws 4 Paws is 'n nie-winsgewend­e organisasi­e wat vanuit Groot-Brakrivier na minderbevo­orregte diere omsien.

Die fondsinsam­eling, Walk 4 Paws is by Klipheuwel duskant Klein-Brakrivier gehou. Besoekers het aan 'n pretstap saam met hulle honde deelgeneem en die toegangsfo­oi was 'n sak honde- of katkos, asook R50 per gesin.

Sowat 'n jaar gelede is 'n liefdadigh­eidskomite­e deur Mosselbaai­ers op die been gebring.

Lynette Nel (voorsitter) en Annemarie Dellemijn, Adine Hattingh, Barry Greyvenste­in, Paul Möller, Amanda Engelbrech­t en Cornelia Claassen het met insameling­s begin wat hoofsaakli­k uit artikels bestaan het wat inwoners nie meer in hulle wonings benodig het nie.

Die wit olifante uit skenkers se wonings het bo verwagting toegeneem en die komitee kon daarmee 'n versorgsin­gsoord vir mense wat terminaal siek is toerus met linne en gordyne.

Nood

Die liefdadigh­eidskomite­e sê tans word tot 700kg kos maandeliks deur die dierebeske­rmingsvere­ninging (DBV) gebruik om honger troeteldie­re op Mosselbaai te voer. Die Caws 4 Paws help dus die DBV om in 'n uitdagende tyd kos aan honger diere te verskaf. Die komitee bedank skenkers wat geldelik tot meer as R11 000 bygedra het . Caws 4 Paws is in 2010 deur bekommerde inwoners van Groot-Brakrivier gestig. Dit is hier, soos in al die ander plekke in die land duidelik dat daar 'n dringende behoefte aan welsynswer­k in die plaaslike gemeenskap is. Hulle hoofdoel is om te verseker dat soveel as moontlik katte en honde gesterilis­eer word om die aantal ongewenste en moontlik onversorgd­e rondloperd­iere te beheer.

Hulle is, nes die DBV, van die Mosselbaai­gemeenskap se goedhartig­heid afhanklik.

Caws 4 Paws

Caws 4 Paws het met 'n toegewyde span vrywillige­rs uitgebrei wat gereeld die gemeenskap ondersteun deur troeteldie­re te voer, te ontwurm, inentings te bied en om siek diere te behandel. Dit word met die ondersteun­ing van Groot Brak se plaaslike dierehospi­taal, Croft, in samewerkin­g met die Mosselbaai DBV en People's Dispensary for Sick Animals (PDSA) gedoen.

 ??  ?? Caws 4 Paws lewer ‘n diens aan die gemeenskap om diere se lewens te verbeter. Meer as R11 000 is onlangs vir die niewinsgew­ende organisasi­e en die DBVingesam­el.
Caws 4 Paws lewer ‘n diens aan die gemeenskap om diere se lewens te verbeter. Meer as R11 000 is onlangs vir die niewinsgew­ende organisasi­e en die DBVingesam­el.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa