Mossel Bay Advertiser

SAPD KORTNUUS

-

Heidelberg

Die ma en dogter wat na bewering die bejaarde paartjie, George (Jors) Michaels en sy vriendin, Elizabeth (Elie) Rudolph in Diepkloof, Heidelberg vermoor het, sal volgende jaar op 26 Julie in die rondgaande hooggeregs­hof op Swellendam verskyn, berig Clive Pretorius, korrespond­ent vir SuidKaap Forum.

Die moord is die nag van 15/16 Februarie 2019 gepleeg. Die slagoffers was albei veelvoudig­e steekwonde toegedien. Die beskuldigd­es, Sabina Hartnick (54) en Annemarie Skietekat (31) word in Worcesterg­evangenis aangehou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa