Mossel Bay Advertiser

Polisie reik uit na armes

-

Talle gemeenskap­slede is óf dieper in die kloue van armoede weens die Covid19-pandemie vasgevang, óf jare al in die greep van armoede.

Riversdal-polisie kyk egter nie verby hierdie mense se noodkreet om klere en kos nie, maar reik al vir twee jaar na soveel moontlik deur middel van skenkings uit. Volgens konst Venia Daries, kommunikas­iebeampte staan dit as die Minderbevo­orregte-projek bekend en word met sukses bedryf.

Die polisievoe­rtuie het Vrydag, 6 November weer na van die gemeenskap­slede gereis, nie om misdaad aan te spreek nie, maar om die lede se sosiale uitreiking­sprojek voort te sit deur klere en kos te oorhandig.

Op De Draai-plaas was Susanna Pretorius oorstelp van vreugde toe Daries haar met die skenkings verras het.

Mense wat skenkings aan die polisie wil maak kan Daries skakel (028 713 8541).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa