Vreemdeling snel te hulp
Nico Mynhardt, Mosselbaai:
Ek en my vrou was Dinsdagmiddag, 17 November in Hartenbos Spar. Ek het skielik begin sleg voel en my vrou het probeer om my by die dokters te kry.
Daar het 'n vreemde dame gekom, haar inkopies in ons inkopietrollie gesit en my so te sê tot in die dokter se spreekkamers gedra. Die dokters se personeel het oorgeneem en die dame het weggestap.
Ek sal baie graag met hierdie dame kontak wil maak om haar vir hierdie gebaar te bedank en verneem of sy my asseblief kan kontak by 072 561 0262. Ons waardeer haar hulp geweldig.