Mossel Bay Advertiser

Goeie reëns bring goeie oeste

- Mariska Visagie

Na jare van droogte het die goeie reëns van die afgelope seisoen vir menige boer verligting gebring.

Daarvan getuig die welige hawer- en koringland­e wat die Hessequa-streek vir so ver die oog kan sien - en verder

- in goud tooi. Baie boere het reeds geoes, ander is besig. Hoewel reën baie noodsaakli­k is wanneer geplant word en tot dit reg is om geoes te word, is dit net so nadelig wanneer dit strooptyd is. Volgens ‘n boer van Albertinia skat hy sy oes op ongeveer 200 ton, waarvoor hy baie dankbaar is. Dit het harde werk, van vroeg soggens tot laataand soms onder die bloedige son vir hom en sy werkers gekos, maar dit is alles die moeite werd.

 ?? Foto: Mariska Visagie ?? Dit is oestyd!
Foto: Mariska Visagie Dit is oestyd!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa