Mossel Bay Advertiser

Bestuurder ongeskik met behulpsame dame

- Bejaarde inwoner, Mosselbaai:

Ek was onlangs by 'n winkel op Mosselbaai wat onder meer linne verkoop.

'n Vriendelik­e dame het 'n bejaarde kliënt bygestaan en dit het hom bietjie langer geneem om te besluit watter item hy wil koop.

Die bestuurder het skielik die dame in 'n vreeslike stemtoon aangespree­k omdat sy so lank met die bejaarde kliënt besig was. Dit het die kassier in trane gehad.

Dit het my laat wonder of ons ou mense net in die pad is? Beklee ons nie meer 'n posisie in die samelewing nie?

Ek wil net benadruk dat almal eendag oud sal word as die liewe Here u solank spaar. Ek sal nie weer my voete in daardie winkel sit nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa