Mossel Bay Advertiser

Canibeat ‘n ware kanniedood

-

Met die aanvang van 2020 het ‘n groep jonges, waaronder wenners, deelnemers en beoordelaa­rs van die jaarlikse Mossel Bay’s Got Talent-soektog, besluit om hulle kreatiewe kragte saam te span en Canibeat te vorm. Hulle strewe was om meer optreegele­enthede vir talentvoll­e jongmense in Mosselbaai te skep.

Die groep se visie is deur die Garden Route Casino se gemeenskap­strust ondersteun wat ‘n bydrae tot die aankoop van klanktoeru­sting gelewer het.

Hulle planne om hul eerste konsert op 26 Maart vanjaar te hou, is egter deur die nasionale ramptoesta­nd verongeluk. Maar doodkry is min en die groep is weer volstoom besig om te repeteer vir hulle optrede in Desember. Die planne het ook nie net sommer gevlot nie, veral nie wat die bespreking van ‘n geskikte lokaal betref nie, maar die Lighthouse-saal in Uibreiding 13 sal vir die groep se eerste konsert op 15 Desember om 15:00 gasheer speel.

“Tans is ons besig om alle talent wat deel was van Mossel Bay’s Got Talent oor die jare weer te ontgin. Kinders raak verskrikli­k verveeld by die huis en wil hul talent wys. My slagspreuk is charity begins at home. Ons is ‘n familie en kan deur na mekaar om te sien, ‘n verskeiden­heid behoeftes in die gemeenskap aanspreek. Dis waar Canibeat graag betrokke by wil raak,” verduideli­k een van die stigtersle­de, Adrian London (078 245 8681).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa