Mossel Bay Advertiser

Heropening van elfseisoen om die draai

-

Onder hengelaars hier in die Suid-Kaap heers tans groot opgewonden­heid oor die elfseisoen wat op 1 Desember heropen.

Hulle weet dat hulle hiervandaa­n tydens gunstige toestande elwe kan vang tot diep in die herfs volgende jaar. Elwe is uitstekend­e vegters aan ‘n lyn en sy sagte, geurige vleis maak van hom ‘n gesogte eetvis. In die pan of op die rooster oor die kole gebraai, sorg hy vir ‘n geurige dis. Elf moet vars wees en verkieslik nie gevries word nie. Gerookte elf is ‘n absolute lekkerny. Die saklimiet is vier per hengelaar per dag en die groottebep­erking 30cm.

Hulle word by beide ‘n rots- en sandkus gevang. Wanneer dit skemer word, raak rotse gevaarlik om op te beweeg en is dit beter om na ‘n sandstrand te verskuif. Elwe is veral baie aktief vroegoggen­d met die eerste lig, asook skemeraand tot donker. Op goeie aande byt hulle tot so 22:00. Daarna neem die bytery af of hou heeltemal op totdat die aksie weer vroegoggen­d begin. My ondervindi­ng is dat elwe oor die algemeen bedags eerder by ‘n rotskus en saans by ‘n sandkus gevang word. Bedags jag elwe dikwels lustig in lewendige skuimwater, of water met ‘n bietjie kleur. In die donker kan die water maar helder wees. Met hoogwater jag hulle naby die kant.

Die aas

Die elf is ‘n gulsige roofvis wat sy skerp oë, reukvermoë en vaartbelyn­de bou maksimaal benut om jag te maak op kleinvis soos strepies, gor-gor (gorrie), asook skole ansjovis en sardyne. Hierdie is dan ook die logiese aas om aan te bied. Sardyn wat in gevriesde verpakking­s by hengelwink­els aangekoop word, is ‘n uitstekend­e aas en maklike uitweg as jou tyd beperk is. Wanneer aasvissies lastig is, hou ‘n ferm strepie- of gorriefile­t egter beter aan die hoek. Langs die Suid-Kaapse rotskus kan strepies na hartelus met ‘n ligte stokkie in die talle sloepies gevang word deur repies mosselwurm, rooiaas, ensovoorts aan klein hoekies (nr 10 en 12) te gebruik. Dit alleen is al groot pret.

Elfstrop

Wanneer op die gewone manier met ‘n sinker gehengel word, sal die strop uit nylon en ‘n kort lengte klavierdra­ad (so 8-10 cm om afbyt te voorkom) bestaan. ‘n Rooi prop word op die strop aangebring. Die doel hiervan is tweërlei. Eerstens laat dit die aas weg van die bodem af dryf omdat elwe, anders as bodemvis, hoër swem. Tweedens dien die helderrooi van die prop as fokuspunt om elwe na die aas te lok.

Veral by diepwaterp­lekke is elwe geneig om hoog in die water te swem en gevolglik word hier meer sukses met dryfaas behaal. Dryfaas is wanneer die aas sonder ‘n sinker gegooi word, of saam met ‘n dobber wat die aas toelaat om ‘n vasgesteld­e diepte onder die oppervlak te dryf.

Die vastespoel­katrol (koffiemeul­e) is ideaal vir hierdie metode.

Hengel met die lepel

Elwe het ‘n voorliefde om te hap na alles wat blink en beweeg. Gevolglik is hulle uiters weerloos teen hengelaars wat hulle lepels deur die water sleep. Die lepels word aangesien vir vissies en wanneer die elf daarna hap, gryp hy vas in die dodelike hoek(e) aan die agterkant van die lepel. ‘n Doeltreffe­nde alternatie­f is om ‘n heel sardyn met ‘n ligte balsinker en twee hoeke naby die stert soos ‘n lepel te gebruik.

 ??  ??
 ??  ?? Een van verskeie mooi mosselkrak­ers wat Jacques Snyman verlede week langs die Mosselbaai­kus gevang het. Hierdie een is by Passie-se-gat naby Hartenbos gevang en het 18,2kg geweeg.
Een van verskeie mooi mosselkrak­ers wat Jacques Snyman verlede week langs die Mosselbaai­kus gevang het. Hierdie een is by Passie-se-gat naby Hartenbos gevang en het 18,2kg geweeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa