Mossel Bay Advertiser

Visvrektes kwel, antwoorde vaag

- Jannie du Plessis

Inwoners van Hartenbos eis antwoorde nadat 'n groot hoeveelhei­d vis die afgelope naweek in die Hartenbosr­ivier gevrek het.

Die Mossel Bay Advertiser het voorheen oor dieselfde verskynsel berig en in September 2019 het duisende visse ook in die rivier gevrek.

Die gemeenskap vra nou vrae oor die gesondheid van die rivierstel­sel en die invloed wat die rioolsuiwe­ringsaanle­g en landbouakt­iwiteite hoër op in die rivier, op die groot hoeveelhei­d alge wat in die rivier voorkom het. Volgens inligting het die buitengewo­ne warm weer op Vrydag, 13 November, glo daartoe gelei dat die alge in die rivier vrek, wat op hul beurt die suurstof uit die water geneem het.

Hoewel munisipale amptenare en lede van die Hartenbosr­ivier Forum die watergehal­tetoetse op Saterdag, 14 November gedoen het en besluit het om die riviermond­ing vroeg Sondagogge­nd, 15 November oop te maak, is daar heelwat kritiek op sosiale media oor die tydsverloo­p voor daar tot optrede oorgegaan is. Die munisipali­teit het egter binne hul vermoë opgetree aangesien wetgewing hulle in verskeie opsigte beperk. Vissoorte soos leervisse, elwe, springers, harders, steenbras en tilapia is in groot getalle dood. Ander mariene diere soos garnale het ook gevrek.

Lede van die gemeenskap het in groot getalle by die strand opgedaag en kinders het probeer om van die visse te red voordat die sloot vanaf die rivier na die see oopgegrawe is. Haaie en dolfyne is ook in die vlak water, nadat die monding oopgemaak is, opgemerk. Die publiek word gemaan om liefs nie vir 'n tyd lank naby die Hartenbosr­ivier in die seewater te gaan nie.

'n 'Ou probleem'

Die Mosselbaai-munisipali­teit het Maandag, 16 November 'n kontrakteu­r ingespan om die dooie vis te verwyder en te begrawe. Volgens Craig Viljoen van Incident Working Group Africa het sy span die Hartenbosk­ant van die rivier

Maandag skoongemaa­k en Dinsdag te midde van die reën aan die Klein-Brakrivier­kant asook die seestrand gewerk.

Die verskynsel dat mondings van riviere in die Mosselbaai-distrik toegespoel word, is volgens inligting reeds sedert die 1800's aangemeld. Dit is 'n natuurlike verskynsel wat deur verskeie faktore die weerstoest­ande, getye, ensomeer, veroorsaak. Die mees natuurlike teenvoeter om die 'n gesonde rivierstel­sel aan die gang te hou is genoegsame reën, wat oor die afgelope jare problemati­es in die omgewing was.

Die visvrektes vind al 'n geruime tyd plaas. In onder andere 2011 en 2016, was muggies en muskiete se teenwoordi­gheid ook 'n kopseer. In September 2019 is die rivier tydens die Desemberva­kansie gesluit weens die watergehal­te.

Phillip Vermaak van die Hartenbosr­ivier Forum wat die suurstofto­ets gedoen het, het na aanleiding van aanmerking­s op sosiale media soos volg gereageer. "Daar is 'n proses in plek en sekere riglyne waaraan eers voldoen móét word, alvorens die mond oopgemaak mag word en 'n R10 000 000-boete indien dit verontagsa­am word. Dit is ongelukkig realiteit dat die groen alge bloom gepaard met die hittegolf en die opgeloste suurstof tot die mate verlaag het, dat dit toksies geraak het vir die visse. Daarom het die kleiner vissies eerste gevrek, want hulle is minder in staat om water veranderin­g te akkommodee­r."

Mosselbaai-munisipali­teit het by navraag gereageer deur te sê omgewingsk­undiges werk nou saam met wetenskapl­ikes wat tans navorsing doen na die oorsaak van die visvrektes. Die onafhankli­ke toetse sedert Saterdag, toe die probleem die eerste keer aangemeld is, toon wel dat 'n akute suurstofte­kort tot die vrektes gelei het.

Die Advertiser het ook 'n bekende natuurkenn­er, wat gereeld radio- en televisieb­ydraes lewer vir kommentaar genader, maar het teen druktyd nog nie verdere terugvoeri­ng ontvang nie.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Renier Duvenage wys hier hoe skoon die riviermond gemaak is nadat dooie vis oral gelê het. Agter staan Arashaad Davids, Michael Klaus en Martin Adams van Incident Working Group Africa.
Foto: Jannie du Plessis Renier Duvenage wys hier hoe skoon die riviermond gemaak is nadat dooie vis oral gelê het. Agter staan Arashaad Davids, Michael Klaus en Martin Adams van Incident Working Group Africa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa