Mossel Bay Advertiser

Huisroof in Dubestraat

-

‘n Nege-en-twintigjar­ige man is op Maandag, 16 November in sy huis in Dubestraat op Asla Park beroof.

KwaNonqaba-polisiesta­sie se kommunikas­iebeampte, sers Kappie Kapp sê die voorval het om 02:00 plaasgevin­d.

Hy sê die slagoffer het geslaap toe twee verdagtes aan sy voordeur klop.

“Die verdagtes het geld geëis. Hulle het die deur oopgebreek en die slagoffer met pangas aangehou en hom van onder meer ‘n onbekende kontantbed­rag beroof.”

Die verdagtes het daarna gevlug. Hulle was teen die ter perse gaan steeds op vrye voet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa