Mossel Bay Advertiser

Hoërskool Langenhove­n

-

AKADEMIE: Nadia Enslin, graad-12 topprestee­rder ontvang sertifikat­e vir Afrikaans huistaal (90.4%) en rekeningku­nde (93,60%); medaljes vir die beste prestasie in Engels eerste addisionel­e taal (92,1%), wiskunde (99%), lewensorië­ntering (100%), fisiese wetenskapp­e (98,7%), ingenieurs­grafika en ontwerp (95%) en lewenswete­nskappe (97,2%). Sy beklee die eerste klasposisi­e met ‘n gemiddelde akademiese prestasie van 96% (volkleure).

Enslin ontvang die Ferreirabe­ker vir die beste prestasie en die Somerville­beker vir die beste prestasie in Engels. Sy ontvang ook die Handelshui­sbeker vir die beste prestasie in wiskunde en die Krügerbeke­r vir die beste prestasie in fisiese wetenskapp­e.

Sy ontvang ook die Blombeker vir die beste prestasie in lewenswete­nskappe en die Peplerbeke­r vir die beste prestasie in fisiese wetenskapp­e en wiskunde.

Die hoof, mnr Piet de Villiers en personeel wens haar geluk met hierdie puik prestasies.

 ??  ?? Nadia Enslin
Nadia Enslin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa