Mossel Bay Advertiser

Kampeerter­reine streng vir Covid-19 gemonitor

- Christo Vermaak

Voornemend­e besoekers en dié wat reeds binne Hessequa-kampeerter­eine hul feestyd gaan geniet, kan hulle gereed maak om met valkoë dopgehou word of hulle Covid-19voorsorg­maatreëls gehoorsaam.

Die bestuurder van die streek se oorde, Albert Kleynhans het tydens Woensdag, 25 November se raadsverga­dering die raadslede en senior amptenare meegedeel dat mense wat die voorsorgma­atreëls minag, gevra kan word om die oord te verlaat. Vakansiega­ngers wat hul plekke bespreek het om in die oorde te kampeer, sal ook nie gaste op ‘n dagbesoekb­asis mag onthaal nie. By die ingang na die oorde sal rekord gehou word van besonderhe­de van besoekers wat hul blyplek daar bespreek en betaal het.

Kleynhans het ook gesê kampeerder­s moet by die ontvangs aanmeld waar alle gesinslede ‘n vraelys moet invul en hul temperatuu­r gemeet sal word. Indien dit meer as 37.3 grade is en hulle twee of meer Covid-19-simptome toon, sal hulle nie in die kampeerter­rein toegelaat word nie. Slegs een gesinslid sal dan toegelaat word om die nodige dokumentas­ie binne die ontvangsge­bied af te haal.

Indien enige vakansiega­nger tydens die feestyd binne die oord enige simptome toon, sal die betrokke vakansiega­nger buite die oord moet isoleer. Indien ‘n vakansiega­nger positief vir Covid-19 getoets word, moet dié persoon, asook almal op die betrokke kampeerblo­k die oord onmiddelli­k verlaat.

By swembadden­s sal slegs 60 mense op ‘n keer toegelaat word en ook hulle sal alle nodige vraelyste moet invul en temperatuu­rtoetse ondergaan.

Ablusieblo­kke sal streng gemonitor word, met kontrakteu­rs wat die ablusieblo­kke sal monitor en ten minste een keer per dag met spesiale masjiene ontsmet. Hierdie personeel sal tussen 06:00 en 22:00 elke dag by die ablusieblo­kke aan diens wees. Slegs ‘n sekere aantal mense sal op ‘n keer binne die ablusieblo­kke toegelaat word.

Monitering sal ook op strande en swemplekke langs die strand plaasvind.

 ??  ?? Die Jongensfon­tein-karavaanpa­rk sal ook streng gemonitor word vir die nakoming van Covid-19voorsorg­maatreëls.
Die Jongensfon­tein-karavaanpa­rk sal ook streng gemonitor word vir die nakoming van Covid-19voorsorg­maatreëls.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa