Mossel Bay Advertiser

Besige swendelaar slaan kloue diep in Stilbaai

- Christo Vermaak

‘n Vermeende swendelaar en sy vrou het hul in Stilbaai gevestig en die man het na bewering reeds sy kloue diep in ten minste twee mense se beursies geslaan.

Gemoedere loop landswyd hoog onder klaers wat beweer dat Kobus Nel, afkomstig van Pretoria meer as 28 individue en besighede met meer as R16 miljoen deur middel van ‘n Ponzi-skema ingeloop het. Klaers van Pretoria, Lichtenbur­g, Windhoek, Upington en Kaapstad se name is in die Brooklyn-dossier vervat wat eersdaags weer voor die hooggeregs­hof gaan dien.

Een van die Stilbaai klaers beweer hy is onlangs uit R120 000 bedrieg. ‘n Man van Kaapstad is R5 miljoen kwyt, terwyl ander tussen R2.4 miljoen en R30 000 moes afskryf.

Advokaat Willem van Zyl sal die staat se saak stel.

In dokumentas­ie uit die ondersoek word beweer dat Nel mense oorreed het om onder andere in uitvoere na Dubai te belê en sodoende binne enkele maande groot winste sou bank. Die wins het na bewering nooit realiseer nie. Hy het ook na bewering lenings aangegaan en nooit terugbetaa­l nie.

Nel het reeds in Februarie 2010 sy eerste hofverskyn­ing in die Pretoria-hooggeregs­hof gemaak. Sy swendelary het glo reeds in 2006 begin.

Barry Bateman, destydse joernalis by Pretoria News, het met dié verskyning berig dat daar selfs beweer is dat Nel ‘n wettige diabetesaa­nvullingsm­aatskappy se naam gebruik het om beleggings te verseker. Tot ‘n apteker was glo ‘n slagoffer van die diabetesaa­nvullingsp­rodukte se sogenaamde uitvoer na Dubai. Die hof het toe reeds gehoor hoe Nel een van sy slagoffers 140% wins binne 12 weke beloof het. Intussen het konst Venia Daries, Riversdal-polisie se kommunikas­iebeampte, die publiek gemaan om nie soortgelyk­e beleggings, ook aanlyn, aan te gaan nie.

Pastoor in elke huis

Prinsloo neem groot erns met dié opdrag. Nie net in sy eie gemeente en binne die AGS-leierskap nie, maar ook deur sy radiooptre­des op RSG en veral op Eden FM se gebedsprog­ram,

Deo Gloria wat in Oktober sy 17de bestaansja­ar tydens ‘n spesiale

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Pastoor Leon Prinsloo, bekende kerkleier en radiostem sal vir ‘n vierde termyn die AGS van SA in die SWD-streek lei.
Foto: Cornelle Carstens Pastoor Leon Prinsloo, bekende kerkleier en radiostem sal vir ‘n vierde termyn die AGS van SA in die SWD-streek lei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa