Mossel Bay Advertiser

Sakekamer kry goeie hupstoot

-

Sakekamers is baie belangrik, nie net vir besigheids­eienaars nie, maar ook vir die ekonomiese groei van ‘n dorp.

Dit is die mening van Charles de Kock, prinsipaal van Chas Everitt in die SuidKaap. Om dié rede het hy dit goed gedink om met die opening van hul groter kantore in Keurboomla­an in Stilbaai ‘n veiling ten bate van Stilbaai-sakekamer te hou. Die aand was ‘n reusesukse­s en die agentskap het R10 000 aan die sakekamer oorhandig.

“Dis vir my ‘n voorreg om deel van Stilbaai-sakekamer te wees en lekker om terug in die gemeenskap te ploeg,” het hy by die geleenthei­d gesê.

Chas Everitt is vanaf 1 November die eksklusiew­e agentskap vir die Skulpiesba­aiontwikke­ling, wat as een van die bes geprysde seesigontw­ikkelings in Suid-Afrika gesien word.

Kontak Jeanne Hamman (082 522 9893) vir meer inligting.

Bekende Mosselbaai­er, Lenise Hendricks was vandeeswee­k ‘n gas op die kykNET geselsprog­ram, KLOP! waar aktuele sake bespreek word.

KLOP! Oftewel Kô, Lat Ons Praat, onder leiding van Heinrich Wyngaard, hoewel humor altyd deel van die pakket is, fokus op nuusmakers, helde, terwyl dit nie sal skroom om ernstige kwessies te takel nie.

Lenise het haar lewe aan die onderwys gewy en haar deurgaans vir ontwikkeli­ng vir jongmense, veral jong sangtalent beywer. Sy het in 2017 nuusgemaak toe daar in die tydskrif, Kuier oor ‘n vlaag van selfdood berig is wat veral onder die jeug van Mosselbaai gemaai het. Lenise het in 2017, na aanleiding van hierdie tragiese verlies, haar moue opgerol en aktief begin uitreik om aan mense wat emosioneel en sielkundig swaarkry, ondersteun­ing te bied.

Sy het vandeeswee­k aan die Mossel Bay Advertiser gesê dat die program al ‘n geruime tyd op haar spoor is, maar dat sy vanweë die Covid-19-pandemie nog nie kans gesien het om per vliegtuig te reis en dan as ateljeegas deel te neem nie. Haar deelname het virtueel via ‘n Skype-onderhoud plaasgevin­d.

Die program is op Woensdag, 2 Desember uitgesaai.

 ??  ?? Lenise Hendricks as deel van Mossel Bay Concerned Women tydens hulle deelname aan ‘n optog teen geslagsgeb­aseerde geweld.
Lenise Hendricks as deel van Mossel Bay Concerned Women tydens hulle deelname aan ‘n optog teen geslagsgeb­aseerde geweld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa