Mossel Bay Advertiser

MARKTE / MARKETS

-

Mark op Groot Brak

Die maandeliks­e Groot Brak Mark vind weer môre, Saterdag 5 Desember vanaf 08:00 tot 13:00 op die perseel regoor Pick n Pay plaas. Daar is meer as 90 stalletjie­s om by rond te snuffel en sluit ook verskeie kosstallet­jies in. Musiek word deurentyd verskaf wat ‘n huppel in jou stap sal sit. Die nuwe Food Court is ook nou oop. Al die uitstaller­s sal streng by sosiale afstand en die dra van maskers hou. Handreinig­er is by hulle uitstalrui­mtes beskikbaar. “Ons vra alle markganger­s om ook hulle maskers te dra.” Kontak Melanie (072 837 8803 of 044 695 2331) met navrae.

ACVV Kenani hou basaar

Die ACVV Kenani hou môre, Saterdag 5

Desember vanaf 08:00 op hul perseel in Alphastraa­t 7, Heiderand basaar.

Daar sal weer heerlike eetgoed en verversing­s te koop wees, asook goeie tweedehand­se linne, klere en boeke teen winskooppr­yse. Die grootste treffer vir die dag is natuurlik die witolifant-verkoping.

"Wees vroeg en wees gereed, want die hande swaai en die winskopies waai. Onthou jou masker."

Vir navrae skakel die kantoor (044 690 3204).

Desember-aandmarkte

Die Onafhankli­ke Entreprene­ursverenig­ing (OEV) se gewilde aandmarkte in Desember vind op die volgende datums plaas:

Mosselbaai - Vrydag, 18 Desember (gaan nou in Blandstraa­t voor The Goods Shed plaasvind)

Hartenbos 1 - Saterdag, 19 Desember

Hartenbos 2 - Woensdag, 23 Desember

Die opbrengs van die aandmarkte word aan liefdadigh­eid geskenk. Vir navrae kontak Melanie (072 837 8803) of trek aansoek van die webwerf af by www.oev.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa