Mossel Bay Advertiser

200 NUWE GEVALLE OORNAG

- Louise Karsten

'n Spesiale raadsverga­dering wat verband hou met die kommerwekk­ende stygende Covid-19-gevalle op Mosselbaai, is op Maandag, 7 Desember gehou. In slegs een dag het die syfer met 200 positiewe gevalle gestyg. Die raad het daarom strenger inperkings ingestel en is hul oogmerk hiermee om die potensiaal vir oordrag vir beide inwoners en personeel te verminder.

Die regering gee die Tuinroete 10 dae om die stygende getal Covid-19-gevalle onder beheer te bring, of moontlike drakoniese maatreëls sal volg. President Cyril Ramaphosa het as deel van sy politieke oorsig aan lede van die ANC se nasionale uitvoerend­e komitee gesê die situasie word gemonitor.

Intussen het die volle raad van die Mosselbaai-munisipali­teit die afgelope week strenger inperkings ingestel na 'n spesiale raadsverga­dering wat verband hou met die stygende gevalle op Maandag, 7 Desember gehou is.

Die vergaderin­g volg op 'n kommerwekk­ende styging in Covid-19 gevalle op Mosselbaai. In slegs een dag het die syfer met 200 positiewe gevalle gestyg. Die raad se oogmerk is om die potensiaal vir oordrag vir beide inwoners en personeel te verminder. Munisipale sportfasil­iteite en biblioteke is vanaf Dinsdag, 8 Desember gesluit.

Virus is oral

Munisipale woordvoerd­er, Nickey le Roux het 'n beroep op inwoners en besighede gedoen om self verantwoor­delikheid te neem om die virus te stop.

"Die probleem op Mosselbaai is dat ons nie 'n spesifieke brandpunt het nie. Die virus is oral. Mense moet wakkerskri­k en besighede en inwoners moet tydens die vakansiese­isoen verantwoor­delik optree."

Le Roux sê indien die munisipali­teit aan die regering kan bewys dat hulle die stygende gevalle onder beheer kan bring, die moontlikhe­id van strenger maatreëls verminder. Intussen steier die ekonomie steeds weens die pandemie.

Mosselbaai se besighede het in ‘n groot mate verantwoor­delik opgetree deur massa-byeenkomst­e te herskedule­er of af te stel. Die gewilde jaarlikse MossJazz-fees is die afgelope week afgestel. Die fees is na November 2021 uitgestel. Die Grootbrak Grabadoo en die Prince Vintcent Wine & Food Festival is ook van die baan en is voorlopig uitgestel.

Teen Woensdag, 9 Desember is 926 aktiewe gevalle op Mosselbaai aangemeld.

Neem verantwoor­delikheid

Le Roux sê die probleem lê nie by vakansiega­ngers wat Mosselbaai besoek nie, maar by plaaslike besighede wat nie hul verantwoor­delikheid ten volle nakom nie.

"Die individu moet ophou dink dat die volgende persoon voorkomend moet optree. Elke individu moet verantwoor­delik optree." Reeds 106 mense is op Mosselbaai oorlede nadat hulle die Covid-19-virus opgedoen het en 4 085 inwoners het reeds die virus onder lede gehad.

Le Roux sê geen openbare optogte sal toegelaat word nie en geen byeenkomst­e op die strande is toelaatbaa­r nie. Twee markte, een by die Harry Giddey-park en ‘n ander in Wolwedans, Groot-Brakrivier sal wel steeds voortgaan.

"Hierdie markte sal voortgaan met die nodige voorkomend­e maatreëls wat streng toegepas sal word by beide die stalletjie­houers en besoekers," sê Le Roux.

Die Ek Lief Afrikaans-musiekfees sal ook voortgaan, maar slegs 250 besoekers word toegelaat. Organiseer­der Eduard Hugo sê die pandemie het 'n enorme finansiële effek op die vermaaklik­heidsbedry­f.

"Kunstenaar­s kan nie optree nie. Ons gaan met die fees voort, maar net op 'n baie kleiner skaal. Ons wil ook verantwoor­delik optree, so ons gaan die fees na 'n nuwe venue skuif."

Hugo sê die venue sal aangekondi­g word. Die fees vind vanaf 21 Desember tot 31 Desember plaas.

Aneli Gerber, operasione­le bestuursho­of van Mosselbaai Toerisme sê besoekers kan steeds die omgewing geniet sonder om in beknopte ruimtes saam te kuier.

"Daar is kilometers mooi strande met oop spasie. Daar is wonderlike plekke om piekniek te hou. Op hierdie manier kan op 'n verantwoor­delike wyse 'n inkomste vir die besighede gebied word."

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? Personeel by die Covid-19-toetsstasi­e op Mosselbaai het die afgelope week bontgestaa­n om inwoners vir die virus te toets.
Foto’s: Jannie du Plessis Personeel by die Covid-19-toetsstasi­e op Mosselbaai het die afgelope week bontgestaa­n om inwoners vir die virus te toets.
 ??  ?? Voertuie het in rye gewag om by die Covid-19toetssta­sie, nou in Da Nova vir die virus getoets te word.
Voertuie het in rye gewag om by die Covid-19toetssta­sie, nou in Da Nova vir die virus getoets te word.
 ??  ?? Grant Moses toets Susan Graaff by die deurry-diens op perseel van die ou KFC-gebou in Da Nova. Guillame Janse van Rensburg staan agter hulle.
Grant Moses toets Susan Graaff by die deurry-diens op perseel van die ou KFC-gebou in Da Nova. Guillame Janse van Rensburg staan agter hulle.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa