Mossel Bay Advertiser

Feesliggie­s word vanjaar ‘veilig’ aangeskake­l

-

Mosselbaai­ers sien jaarliks uit na die besonderse geleenthei­d wanneer die dorp se feesliggie­s amptelik aangeskake­l word.

Vanjaar, in die lig van die uitdagings wat die jongste toename in Covid-19 aktiewe gevalle in die dorp meebring, is besluit om dié jaarlikse afspraak in die Harry Giddeypark effe anders te benader.

Met die vriendelik­e samewerkin­g van die drie streekradi­ostasies bied die munisipali­teit steeds die amptelike aanskakeli­ng van die feesliggie­s op Saterdag, 12 Desember vanaf ongeveer 19:00 aan.

“Vanjaar nooi ons die inwoners om egter op hul gunsteling­radiostasi­e in te skakel om na die burgemeest­er se feesboodsk­ap, asook vir die gebed vir die nooddiensw­erkers wat die feesseisoe­n voorafgaan, te luister,” nooi Nickey le Roux, munisipale woordvoerd­er.

Luisteraar­s kan op SFM Streekradi­o op 90.1 Fm vir die Mosselbaai en George omgewing en op 104.1 Fm vir Oudtshoorn en die Langkloof, inskakel.

EdenFM se luisteraar­s kan op 93.8 Fm Stereo, en vanuit die Klein Karoo op 103.6 Fm stereo, inskakel.

HeartBeatF­M se getroue volgelinge kan gerus inskakel op Heartbeat 103.9fm of via die internet by Heartbeatf­m.ndstream.net saamluiste­r.

Die feesliggie­s sal oudergewoo­nte om 19:30 aangeskake­l word. “Elke inwoner van die groter Mosselbaai word van harte uitgenooi om die onderskeie radiostasi­es se program te geniet in die aanloop tot die amptelike aanskakeli­ng.”

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Mosselbaai se Kersfeesli­ggies sal weer vanjaar brand, maar ‘n amptelike byeenkoms soos in die verlede kan van vanweë die styging in Covid-19-infeksies, nie gehou word nie.
Foto: Jannie du Plessis Mosselbaai se Kersfeesli­ggies sal weer vanjaar brand, maar ‘n amptelike byeenkoms soos in die verlede kan van vanweë die styging in Covid-19-infeksies, nie gehou word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa