Mossel Bay Advertiser

Praat verby die ‘kleefband’

- Cornelle Carstens

Die 19-jarige Nekita Jansen van Mosselbaai is nie skaam om te sê dat depressie amper haar einde beteken het nie. Daarom het sy daaroor geskryf in haar produksie, Black Tape wat sy debuut op Sondag, 13 Desember sou maak. Die vertoning is egter afgelas vanweë die toename in Covid-19-infeksies aan die Tuinroete.

Nekita vertel dat sy van jongs af die wêreld as ‘n donker plek beleef en dat dit gevoelens van depressie by haar tot gevolg gehad het. Sy is sielkundig mishandel deur kinders en volwassene­s en die uiteinde van hierdie negatiewe gevoelens het gelei tot ‘n algehele ineenstort­ing gedurende haar skooljaar verlede jaar. “My depressie was grotendeel­s gebaseer op die toestand van die wêreld en die feit dat ek nie ander se situasie kan verbeter nie.” Tydens terapie na haar ineenstort­ing, het sy baie vrae gehad - vrae wat sy voel nie beantwoord kon word nie. Hoewel haar geloof tydens haar depressie skade gely het, het sy opnuut haar toevlug tot God geneem.

“Ek het net God se stem skielik gehoor en letterlik na ‘n pen en papier gehardloop om goed neer te skryf.” Hierdie “goed” het uiteindeli­k die produksie Black Tape geword.

Sy voel, mense moet die denkbeeldi­ge “swart kleefband” van hulle monde verwyder en praat. “Daar is te veel goed wat nie gesê word nie. Ons moet praat oor die dinge wat saakmaak. Deur te praat, kan ons ander ook help.”

In Black Tape spreek sy sake soos angstighei­d, depressie, selfdood en geestesges­ondheid aan. “Niemand het nodig om alleen hierdeur te gaan nie. Dít is die boodskap van Black Tape.”

Enige persoon wat met Nekita wil kontak maak oor die produksie, kan haar skakel (084 946 5710).

 ??  ?? Nekita Jansen spreek moeilike kwessies dapper in haar produksie, Black Tape aan.
Nekita Jansen spreek moeilike kwessies dapper in haar produksie, Black Tape aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa