Mossel Bay Advertiser

Nuwe korrespond­ent, gesoute skrywer

-

Suid-Kaap Forum verwelkom ‘n nuwe korrespond­ent in ons midde, ‘n gesoute skrywer wie se skryfloopb­aan oor 40 jaar strek.

Die Riversdall­er Christiaan Johan de Swardt, wat bekendheid as CJ “die Loslit DJ” verwerf het, het in verskeie sfere van die joernalist­iek en vermaakbed­ryf gewerk - van verslaggew­er en teksredakt­eur by die dagblad Beeld en sosiale, jeug- en vermaakred­akteur van die glanstydsk­rif De Kat, tot redakteur en uitgewer van die tweetalige jeugtydskr­ifte 2-21 en 21 Magazine.

Hy het ook in sy studenteja­re aan die destydse Randse Afrikaanse Universite­it as dramaturg, akteur en regisseur geskep en bekroonde stukke opgelewer. Hy was die kunstereda­kteur by die kampuskoer­ant Die HeRAUt, redakteur van sy koshuis,

Drommedari­s, se kwartaalbl­ad Die Mishoring en die redakteur van die joolblad, Tjol’ 82.

CJ se eerste gediggie is op 10-jarige ouderdom in Laerskool Volschenk se koerantjie, Die Eseltjie gepublisee­r. Hy het sy eerste kortverhaa­l, Die gevaarlike pakkie, op 12-jarige ouderom in die tienertyds­krif Tina gepublisee­r en het daarna ook kortverhal­e vir die tyskrifte Trompie, Patrys en Ons Bou geskryf.

Sedertdien verdien hy sy brood en botter en soms ook bietjie konfyt daarby, met die alfabet.

Hy het ook ‘n reeks konsep-CD’s saamgestel en sy konsepalbu­m, Boerejol, is met ‘n SAMA-toekenning bekroon. Hy het sy musiekrubr­iek, Oppinoot vir 30 jaar lank vir Vrouekeur behartig. Dié is in 2013, 2014 en 2015 met die Caxton Magazine Excellence Award in die afdeling beste resensent vereer. Hy spog met drie BASA-toekenning­s. Dit is die National Arts Festival/Business and Arts South Africa-toekenning vir kunstejoer­nalistiek. Hy het silwer toekenning­s in die afdelings Beste Profiel-artikel en Beste Resensie vir sy KKNK-oorsig ontvang. CJ is ook met die goue BASAtoeken­ning bekroon vir sy futuristie­se, satiriese kommentaar in die afdeling Beste Kunstenuus-artikel – met die titel ‘n Moerse Klug.

Sy bydrae tot die bevorderin­g van Afrikaanse musiek is met oor die 20 goue en platinum-toekenning­s deur verskeie platemaats­kappye erken.

Met die koms van Covid 19 en die gevoglike korona-pandemie en die ingrypende gevolge daarvan in Maart vanjaar, het Caxton Publishing besluit om onder meer die tydskrifte Vrouekeur en Rooi Rose - vir wie Christiaan geskryf het - te sluit.

Baie welkom, Christiaan! Ons weet jy gaan baie waarde aan ons koerant toevoeg.

 ??  ?? Christiaan de Swardt
Christiaan de Swardt
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa