Mossel Bay Advertiser

Groot frustrasie by inkomsteka­ntore

Kotie van Heerdeen, Stilbaai:

-

Ek moes onlangs die inkomsteka­ntore in George besoek.

Na een uur en tien minute in die ry buite die gebou, onder 'n groot sambreel is ek toegelaat na binne. Daar is ek vinnig en flink geholpe. Slegs een dokument was uitstaande en ek het besluit om die dokument persoonlik te gaan indien.

Daar gekom val ek getrou agter in die ry en ons wag! Na 'n volle uur gebeur daar niks. Niemand word ingelaat nie en die weer steek op. Ek gaan toe na ontvangs om te hoor of daar enige rede vir die vertraging is. Die dames kon my nie help nie, maar gelukkig daag 'n senior beampte op en ek verduideli­k weer eens die probleem.

Tot my skok deel die beampte my mee dat persone slegs op afspraak gesien word. Indien daar 'n opening tussen twee afsprake is sal hy 'n persoon van buite toelaat.

Die kantoor sluit om 15:30 en diegene wat nie gehelp kon word nie, moet die volgende dag terugkom.

Ek vra waarom hierdie reëling nie oor die radio in koerante of op televisie bekend gemaak word nie? Sy antwoord: "Versprei maar die inligting in Stilbaai!"

Nou ja. Dis wat ek doen.

Comment: Anton Fisher, SARS Communicat­ion

The South African Revenue Service (SARS) appreciate­s the fact that you have reached out to us regarding the unfortunat­e experience of Kotie van Heerden.

However, SARS through various media, including social media, newspapers, radio and our website published the fact that we have put in place an appointmen­t system at our branches. The appointmen­t system was put in place to curb the spread of Covid-19 among taxpayers and our staff.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa