Mossel Bay Advertiser

Die Haven is baie dankbaar

-

Soos vir die meeste ander organisasi­es en besighede het die grendeltyd reuse uitdagings aan die Haven Nagskuilin­g gestel.

Veral die eerste maand of twee was dit baie moeilik om alles in plek te kry. Skielik moes daar vir ongeveer 40 haweloses, wat meestal verkies om die strate hulle tuiste te maak, huisvestin­g verkry word. Met maaltye kon daar noodplanne in werking gestel word, maar die skuiling kon nie slaapplek aan almal voorsien nie.

Dis hier waar die wonderlike welwillend­heid van Mosselbaai se mense na vore gekom het. Plaaslike herberge het aangebied om gratis huisvestin­g aan haweloses te bied, en besighede, kerke en individue het voorrade, kos en geld geskenk. Ons staan verstom oor die oorweldige­nde omgee van almal. Die departemen­t van maatskapli­ke dienste was ook deel van die proses en op die end was dit een groot spanpoging van onderlinge samewerkin­g.

Tydens die hoogtepunt van die inperkings­tyd kon drie maaltye per dag aan almal in die Haven, plus aan die sowat 40 straatbewo­ners, voorsien word en meeste het ‘n bed gehad om op te slaap. Dit het weliswaar groot bykomende insette van die personeel geverg – van die inwoners het ook hand bygesit – maar die wa is aan die einde deur die drif getrek.

Dit is so onvoldoend­e, maar ons wil graag aan elkeen wat ‘n bydrae gelewer het – van watter aard ook al - opreg dankie sê. Julle het dit vir ons moontlik gemaak om die haweloses te help. Sonder julle betrokkenh­eid, bystand en omgee sou dit baie moeiliker – heelwaarsk­ynlik onmoontlik – gewees het om die taak te volvoer. Daar is mense wat steeds volhou om bydraes te maak; wees verseker dat dit steeds nodig is en dat ons dit steeds baie waardeer en sinvol aanwend.

Baie, baie dankie Mosselbaai! Ons is bly om deel te wees van so ‘n wonderlike gemeenskap. Bowenal sê ons ook baie dankie aan die Goeie Gewer vir krag en genade.

 ??  ?? Bianca Botha van Albertinia het hierdie foto van hulle hondjie, Zara, ‘n jong Duitse korthaar Pointer ingestuur. “Sy is vreeslik lief vir water!” vertel Bianca.
Bianca Botha van Albertinia het hierdie foto van hulle hondjie, Zara, ‘n jong Duitse korthaar Pointer ingestuur. “Sy is vreeslik lief vir water!” vertel Bianca.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa