Mossel Bay Advertiser

Vroue het ‘n reg om veilig te wees

-

Die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is Saterdag, 28 November op Albertinia in die vorm van ‘n high tea geloods.

Die spoggeleen­theid in Albertinia­gholfklubs­aal is in samewerkin­g met Smiling Ducks Educarekle­uterskool en Albertinia­buurtwag gereël. Die hoofspreke­r, advokaat

Leslie Morris van die departemen­t van gemeenskap­sveilighei­d het gesê dat die Court Watching Brief (CWB)-eenheid ondoeltref­fendheid in verband met ‘n ondersoek of verhoor identifise­er.

Waar sake weens sistemiese mislukking­s van die hofrol geskrap word, word dit aan die provinsial­e kommissari­s gerapporte­er om te verseker dat regstellen­de stappe gedoen word om hierdie sake af te handel, of waar nodig tugstappe te neem.

Morris het baie klem op die regte van vroue gelê om veilig te wees. “Net omdat ‘n vrou saam met ‘n man gaan uiteet, ‘n drankie drink of haar kleredrag vroulik is, beteken dit nie sy gee toestemmin­g vir seksuele misbruik nie,” het hy gesê.

Morris het veral skerp verwys na waar die vrou ‘n tweede keer verkrag en aangerand word wanneer sy ‘n verkragtin­g- of aanradings­aak gaan aanmeld, asook die manier waarop sommige lede van die polisie met sulke slagoffers praat en handel. Mary Julies van Albertinia-traumakame­r het oor die belangrikh­eid van beraders en hul werksaamhe­de gepraat. Omdat daar altyd ‘n tekort is, het sy die vroue genooi om haar te kontak indien hulle daarin belangstel om as ‘n berader opgelei te word. Verskeie vroue het hul verhale waar hulle slagoffers van geweld was gedeel, maar ook genoem dat hulle tot ‘n punt gekom het waar hulle kon sê: Genoeg is genoeg. Die kernboodsk­ap daarvan is dat jy as persoon self daardie besluit moet maak en hulp gaan kry.

‘n Stemboodsk­ap van die Wes-Kaapse minister van menslike nedersetti­ngs en behuising, Tertuis Simmers is gespeel waarin hy noem dat die 16 dae van aktivisme ‘n 360dae aktivistie­se benadering moet word. Hy het beklemtoon dat ons as ‘n gemeenskap saam moet staan en hierdie element van geslagsgew­eld verwyder.

Vir navrae en aanmelding van geslagsgew­eld, inligting rakende Albertinia­buurtwag en die beraderkur­sus kan Mary Julies by Albertinia-polisie gekontak word (028 735 8040).

Die saak teen die 48-jarige man wat na bewering ‘n lid van Heidelberg-polisie aangerand het deur petrol op hom te gooi en aan die brand te steek, is Maandag, 16 November van die rol geskrap na hy vlugtig in die hof op aanklag van poging tot moord verskyn het.

Dit spruit na die skielike afsterwe van die betrokke ondersoekb­eampte. Volgens inligting beskikbaar, sal die saak verder ondersoek moet word. Die verdagte wat sedert die voorval in Julie in die gevangenis was, is vrygelaat en gemaan dat die aanklag voorlopig teruggetre­k word.

‘n Drie-en-twintig-jarige man van

Heidelberg is agter tralies na hy met vele inbrake in die dorp verbind word. DuncanLee Steenberg het Maandag, 30 November in Heidelberg-landdrosho­f op sewe klagtes van inbraak en diefstal verskyn waartydens goedere van nagenoeg R50 000 gesteel is.

Volgens ao Alroy Windvogel, plaaslike kommunikas­iebeampte bly die verdagte in aanhouding tot sy volgende verskyning.

 ??  ?? Advokaat Leslie Morris
Advokaat Leslie Morris

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa