Mossel Bay Advertiser

Gert bobaas op die gholfbaan

- Gholfer

Met groot dank aan Toon van den Heever (Ritrympie)

Jan (Gert) Pieterse draai hom sy vyande toe En wuif hulle dank met sy hoed; Al stappende verdwyn hy op die horison daar In 'n raam van die wester gloed.

Die nimlike, vegtende en entoesiast­iese Gert Pieterse laat ‘n mens aan bogenoemde gediggie dink. Gert, jy is enig in jou soort en ‘n ware karakter in ons klub.

Bounty Wildsverwe­rking se borgdag het gesorg dat Gert met bogenoemde versie vereenselw­ig kon word. Hy teken ‘n skitterend­e 43 punte in Woensdag, 2 Desember se individuel­e stableford kompetisie aan. Eugene Duthie (43 punte) moes na die uittel die knie teen Gert buig. Gary Rule se verdienste­like 41 punte het hom in die derde plek geplaas.

Die volgende spelers kon ook deel in Bounty se heerlike vleispryse: M Bernardo, A du Plessis, S Bock (almal op 39 punte),

I Swart, A Izaakse (snr) en P Venter op 38 punte. Dankie Div vir weer eens ‘n puik geborgde dag.

Heerlike vakansiewe­er het Saterdag die 135 spelers se dag verryk. Die beterbal stableford­kompetisie het uitstekend­e tellings opgelewer. Stephen Powell en JP Ungerer was behoorlik op hulle stukke en op 51 punte het hulle die louere ingeoes. André du Plessis en Koos van Niekerk se ewe indrukwekk­ende 50 punte het gesorg dat hulle die naaswenner­s is. John Masie en Gavin Reynolds het op 49 punte net-net die derde plek voor Clive Kaptein en Brown Voster (ook 49 punte) weggeraap.

Bronwyn Powell en Shirley Greig het die vroue se naam hoog gehou deur op 47 punte vyfde te eindig.

Met die feesseisoe­n op hande word lede en besoekers aangemoedi­g om betyds afslaantye te bespreek.

Ons sien daarna uit om weer talle van ons jare-lange besoekers en nuwe besoekers by ons klub te verwelkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa