Mossel Bay Advertiser

Mosselbaai finansieel volhoubaar­ste

-

Ratings Afrika, ‘n vooraansta­ande graderings­agentskap het Mosselbaai wéér as die finansieel volhoubaar­ste plaaslike regering in Suid-Afrika beoordeel. Dit volg op ‘n soortgelyk­e gradering verlede jaar.

Die Wes-Kaap word ook weer as die bes-presterend­e provinsie gegradeer. Ratings Afrika het op Saterdag, 17 April sy jaarlikse munisipale finansiële volhoubaar­heidsgrade­ring vir die finansiële resultate van die 105 grootste plaaslike regerings en agt Metro’s in SuidAfrika gepublisee­r.

Die gradering is gebaseer op ontledings van resultate vir die boekjaar wat in Junie 2020 geëindig het. Die puntemodel evalueer ses komponente, naamlik die bedryfspre­stasie, likiditeit­sbestuur, skuldbehee­r, begrotings­praktyke, bekostigba­arheid en die infrastruk­tuurontwik­keling van ‘n munisipali­teit. Hierdie komponente word uit ‘n puntetotaa­l van 100 gradeer. Mosselbaai se telling van 74 plaas die munisipali­teit in die topposisie in die land.

Vier van die vyf munisipali­teite met die beste prestasie in Suid-Afrika is in die Wes-Kaap. Die munisipali­teite wat die hoogste punte behaal, het goed gevestigde finansiële beleide en hul begrotings is gebaseer op gesonde langtermyn finansiële strategieë. Volgens die verslag hou die munisipali­teite by goeie begrotings­praktyke, streng finansiële beheer en goeie inkomstein­vordering ondanks moeilike ekonomiese toestande.

Skoon oudit

Die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal het die Ratings Afrikagrad­ering geprys. “Die gradering volg op die onlangse skoon ouditresul­taat van Mosselbaai­munisipali­teit en is ‘n duidelike aanduiding van die toewyding en harde werk deur al die personeel. Ek bedank spesifiek die personeel van die direktoraa­t finansies, aangesien hulle vir geruime tyd sonder ‘n permanente finansiële hoof gefunksion­eer het. Ek gee ook graag erkenning vir die waardevoll­e rol van ons direkteure en veral ons munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee. “Die bestuursty­l van die munisipale bestuurder, wat van voor af lei en nie wegskram van die daaglikse uitdagings vir dienslewer­ing nie, is ‘n navolgings­waardige voorbeeld vir ons personeel en ander plaaslike owerhede.”

 ??  ??
 ??  ?? Die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal wens die dorp geluk met die uitsonderl­ike prestasie.
Die uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal wens die dorp geluk met die uitsonderl­ike prestasie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa