Mossel Bay Advertiser

‘Nie ‘n luukse, ‘n noodsaakli­kheid’

- Cornelle Carstens

Die Mosselbaai-munisipali­teit het op 16 April nuwe ablusieger­iewe in Titusstraa­t, D’Almeida oorhandig. Die projek is in samewerkin­g met die provinsial­e regering aangepak en daarop gerig om bejaardes en persone met gestremdhe­de se leefomstan­dighede te verlig deur ablusieger­iewe meer toeganklik te maak. Tans word 50 nuwe ablusieger­iewe gebou. Die uiteindeli­ke oogmerk is om 250 soortgelyk­e fasiliteit­e binne die volgende 12 maande te voltooi. Die nuwe ablusieger­iewe is deel van huise, waar buitegerie­we voorheen voorsien is.

Uitvoerend­e burgemeest­er van Mosselbaai, raadsheer Harry Levendal het die loodsing van die projek en amptelike oorhandigi­ng aan ‘n bejaarde vrou in Titusstraa­t bygewoon. Levendal het hom sedert 2006 beywer vir sodanige projek om ongelykhed­e van die verlede en inwoners van Mosselbaai se waardighei­d te herstel.

“Hierdie geriewe is nie ‘n luukse nie. Dis ‘n noodsaakli­kheid.” Levendal het ‘n roerende verwysing gemaak na die onwaardige ablusieger­iewe wat ‘n oom en tante van hom in die jare sestig moes gebruik en hoe dit ‘n impak op die huidige projek het.

“Die situasies uit die verlede lei ons na die toekoms.” Levendal het ook uitgestip dat die keuse om na die behoeftes van onder meer bejaardes eerste te kyk, daaruit spruit dat ouer mense in ‘n ander lig gesien moet word.

“Ons moet onthou dat húlle die land gebou het.”

Levendal het gesê dat sy termyn as burgemeens­ter einde se kant toe staan en het ‘n pleidooi gelewer dat die projek suksesvol deurgesien moet word. Hy het dit betreur dat oues van dae en gestremdes soms verder as 30m na ablusieger­iewe moet aansukkel.

Wes-Kaapse minister van menslike nedesettin­gs, Tertuis Simmers, asook die burgemeest­er van die Tuinroeted­istriksmun­isipalitei­t, raadslid Memory Booysen het die geleenthei­d bygewoon.

Simmers het gesê dat die aanbou van die ablusieger­iewe netjies binne die doelwitte van die Wes-Kaapse regering, naamlik werkskeppi­ng, die skep van veiliger gemeenskap­pe en die herstel van menswaardi­gheid, val. Hy het die Mosselbaai-munisipali­eit geloof vir hulle dienslewer­ing en gesê dat indien die munisipali­teit dit kan handhaaf, hulle kan verwag dat die Wes-Kaapse regering finansieel sal aanhou om hul projekte te ondersteun.

 ??  ?? Raadslid Memory Booysen (links), burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it en minister Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedesettin­gs bekyk die aangeboude ablusieger­iewe van buite.
Raadslid Memory Booysen (links), burgemeest­er van die Tuinroete-distriksmu­nisipalite­it en minister Tertuis Simmers, Wes-Kaapse minister van menslike nedesettin­gs bekyk die aangeboude ablusieger­iewe van buite.
 ?? Foto’s: Cornelle Carstens ?? Raadsheer Harry Levendal het sedert 2006 bemoeienis gemaak om ablusieger­iewe op te gradeer.
Foto’s: Cornelle Carstens Raadsheer Harry Levendal het sedert 2006 bemoeienis gemaak om ablusieger­iewe op te gradeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa