Mossel Bay Advertiser

Skakeling ‘n groot ligpunt vir sakelui

- Bay Avertiser, Mossel

Die enigste ligpunt in ‘n chaotiese 2020, aldus uittredend­e voorsitter van die Mosselbaai­besigheids­kamer, dr Paul Kruger, is die organisasi­e se uitsonderl­ike skakeling met die Mosselbaai­munisipali­teit. Die besigheids­kamer het vandeeswee­k Dinsdag, 20 April hulle maandeliks­e netwerkgel­eentheid asook algemene jaarvergad­ering gehou.

Tydens die geleenthei­d, aangebied deur Bahia Blue-restaurant, is ‘n nuwe bestuur verkies.

“Die besigheids­kamer het baie werk agter die skerms gedoen, veral om die moraal van sakelui te midde die pandemie te probeer hoog hou,” het Kruger uitgebrei. Geen van die organisasi­e se normale jaarlikse fondsinsam­elingsproj­ek kon egter vanweë die nasionele ramptoesta­nd gehou word nie.

Kruger het in sy voorsitter­sverslag na die organisasi­e se verhouding met die Mosselbaai-munisipali­teit verwys as “gunstig verby” en gesê dat dit hulle deur soortgelyk­e organsisas­ies op ander dorpe beny word. Hy het ook met lof van die Wes-Kaapse regering se insette gepraat. Kruger het genoem dat verskeie mininsters besoek in die dorp kom aflê het en ook telefonies ondersteun het waar hul kon. Hy het ook gesê dat die provinsial­e regering ag geslaan het op sakelui se kwelpunte.

“Die goed wat ons pla is op die agenda en word vorentoe gedryf. Dit sluit die R300 miljoen opgraderin­g van Louis Fourie-weg wat later vanjaar begin, in. Dit mag dalk ‘n tydelike frustrasie wees, maar in twee tot drie jaar gaan dit ‘n pluspunt vir Mosselbaai wees.” tot voordeel strek. Nie net is die dae van gedrukte media nog lank nie getel nie, maar het gemeenskap­spublikasi­es soos die Advertiser ook die dinamiese speelveld van die digitale media met groot sukses betree.

Sy het bevestig dat die Advertiser hul drukoplaag in April verhoog het. “In Meimaand, verhoog ons dit weer wat aandui dat besigheid gesond is.”

Reyneke het gesê dat die Advertiser daarop gefokus is op plaaslike besighede op te bou en te laat groei. “Daar bestaan nie ‘n ding soos one size fits all nie. Daar is kundiges wat jou kan help om daardie beplanning te doen. Ons is daardie kundiges,” het sy afgesluit.

Cornelle Carstens, nuusredakt­eur het die redaksiesp­an voorgestel en bygevoeg dat die span gesamentli­k bykans 80 jaar ervaring in die mediabedry­f het.

“Die Advertiser is lank nie meer net ‘n dorpskoera­nt nie. Hy staan sy skoene in die digitale wêreld vol en word dopgehou deur ander media. In die woorde van ‘n plaaslike sakeman, die Advertiser was en is steeds die New York Times van Mosselbaai.”

Nuwe bestuur

Die besigheids­kamer se nuwe bestuur is: Lorette Grobbelaar (voorsitter), Werner Kock (onder-voorsitter), Kelly FourieBarn­ard (tesourier), René Malan (sekretaris), Fanus Truter, Johan Lochner, Denise Lloyd, Albert Wiffen, Marika Thomatos en Emile Nel.

 ?? Foto: Denise Lloyd ?? Die redaksiesp­an van die Cornelle Carstens, Jannie du Plessis, Suzette Herrer (redakteur), Louise Karsten en Michelle Reyneke van die Advertiser se bemarkings­departemen­t.
Foto: Denise Lloyd Die redaksiesp­an van die Cornelle Carstens, Jannie du Plessis, Suzette Herrer (redakteur), Louise Karsten en Michelle Reyneke van die Advertiser se bemarkings­departemen­t.
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Uittredend­e bestuursle­de dr Paul Kruger (links) en Nico Marais is deur René Malan, huidige sekretaris bedank vir hulle jarelange diens. Kruger het ook die tuig as voorsitter neergelê.
Foto: Jannie du Plessis Uittredend­e bestuursle­de dr Paul Kruger (links) en Nico Marais is deur René Malan, huidige sekretaris bedank vir hulle jarelange diens. Kruger het ook die tuig as voorsitter neergelê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa