Mossel Bay Advertiser

Die wiele rol na Droom

- Christiaan de Swardt

Wat kan 80 swart vullissakk­e vol plastiekdo­ppies werd wees? Met ‘n gewig van 450kg kan dié herwinning bydra tot die verkryging van ‘n rolstoel.

Daardie wiele pronk nou by die Droomdiens­sentrum wat die tehuise, Jan Lange en Ou Meule se bejaardes bedien.

Dit het alles ‘n paar jaar gelede begin met die sogenaamde Doppieprop­pie-projek, wat destyds deur die Vroue Landbouver­eniging van stapel gestuur is en daaruit aan Droom ‘n rolstoel verskaf het.

Retha Benadé, die sosiale kreatiwite­itskoördin­eerder by Droom het die projek twee jaar terug oorgeneem. Almal, insluitend die inwoners van die tehuise, dorpenaars en vriende van selfs uit die Kaap, het van heinde en ver proppies en doppies bymekaarge­maak.

Die projek is aanvanklik deur die herwinning­smaatskapp­y Interwaste in George gedryf, maar moes weens Covid19-uitdagings gestaak word. Dit is toe deur die sakevrou Debbie van Rensburg (van EK STUUR) en haar dogter, Talia oorgeneem. Talia is ‘n graad 7-leerder aan George-Suid. Sy doen haar gemeenskap­sdiens met die naam Have a Heart-projekte. Danksy hulle toegewydhe­id en flinkheid en die hulp van Henque Waste kon Droom vinniger as wat verwag is, ‘n rolstoel bekom.

“Rolstoele is goud werd vir tehuise en bied aan die inwoners ondersteun­ende mobiliteit. Dié herwinning­sprojek dra tot R2 000 aan die koste van een rolstoel by. Ons is geseënd met en dankbaar vir ons bejaardes se splinternu­we wiele,” sê suster Linda Botha, hoofverple­egkundige by Droom. Sy beywer haar al 16 jaar lank vir die welstand van bejaardes.

“Dié projek dien ook ‘n ekstra doel, want dit verwyder plastiek uit die natuur en verseker ‘n netjiese omgewing.”

Op ‘n ligter noot skerts Retha: “Ek het nou al ‘n doppie-probleem ontwikkel. Want, as ek met die honde gaan stap of fietsry en ek sien ‘n proppie, stop ek en tel dit op. Ek sukkel soms om fiets te ry, want ek moet myself bedwing om nie te wil stop en ‘n proppie op te tel nie. ‘n Mens raak soms so gefokus op ‘n proppie en ek dink dit is nie altyd ‘n goeie ding nie.”

• Mense is welkom om plastiekdo­ppies en proppies, klein en groot, te herwin, skoon te was en by die Droom-dienssentr­um af te laai.

 ?? Foto: Christiaan de Swardt ?? Alte trots op die nuwe “wiele” wat deur Droom ontvang is - (van links) suster Lillien de Jager, Debbie en Talia van Rensburg, suster Linda Botha, Staffie Ponto, suster Unita van Niekerk en Retha Benadé.
Foto: Christiaan de Swardt Alte trots op die nuwe “wiele” wat deur Droom ontvang is - (van links) suster Lillien de Jager, Debbie en Talia van Rensburg, suster Linda Botha, Staffie Ponto, suster Unita van Niekerk en Retha Benadé.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa