Mossel Bay Advertiser

Diaz Primêr word ‘n halfeeu oud

- Cornelle Carstens

In die 50 jaar sedert Diaz Primêre Skool sy deure geopen het, was daar nog net vier skoolhoofd­e, waarvan die huidige een, Genevieve Muller, die eerste vrou in ‘n halfeeu is.

Die skool het sy ontstaan in 1971 gehad en dit is aanvanklik “die staatskool” genoem. Nadat die Lutherse Skool in Montagustr­aat se deure toegemaak is weens die toepassing van die destydse Groepsgebi­edewet, het Diaz sy beslag gekry.

Minstens agt opvoeders wat tans by die skool werk, is oud-leerders van Diaz Primêr en daarop is hulle alte trots.

‘n Opwindende bouprojek is onder leiding van Granville Briesies (skoolhoof van 19942018) aangepak en vandag spog die skool met ‘n prag-kampus.

Op 14 April 2021 het die skool sy 50ste bestaansja­ar gevier, maar verlede Vrydag, 16 April is daar behoorlik feesgevier. Die leerders is met lekkernye getrakteer en die oud-onderwyser­s is tydens ‘n feestelike okkasie onthaal.

Terwyl To God be the Glory, Great things He has done uit volle bors gesing is om hierdie besonderse mylpaal te vier, is duiwe op ‘n gedenkvlug losgelaat met die hysing van die skoolvlag.

Tydens die toesprake het WKODkringb­estuurder, Rozelle Smith-Neethling en Granville Briesies, voormalige prinsipaal seënwense aan die skool oorgedra. Die huidige skoolhoof Genevieve Muller het ook haar besonderse indrukke van Diaz Primêre Skool gedeel en die personeel as “goed geoliede masjiene” beskryf.

“Die skool se leuse is ‘Word ‘n baanbreker’. En dit is wat ons steeds poog om te doen baanbreker­swerk in die gemeenskap.”

• Lees die volledige artikel aanlyn by www. mosselbaya­dvertiser.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa