Mossel Bay Advertiser

Munisipale werker het hart van goud

-

Waheed Kannemeyer, ‘n werknemer van die Mosselbaai-munisipali­teit, het nie twee keer gedink nie voor hy onbaatsugt­ig die tweede myl geloop het om seker te maak ‘n leerder kry sy skooltas propvol skoolboeke terug.

Vroeër vandeesmaa­nd het Waheed, wat verantwoor­delik is vir die munisipali­teit se sportvelde, op ‘n verlate skoolsak afgekom na die leerders reeds die sportterre­in verlaat het. Sy kontak by Hoërskool Punt het nie die aand op ‘n selfoonboo­dskap reageer nie. Nietemin het hy seker gemaak dat die leerder die volgende oggend sy skooltas teruggekry het. “Ek het net gedink die kind het dalk sy boeke nodig. Ek het die skoolsak toe self skool toe geneem sodat die outjie weer sy sak en boeke kan kry,” het Waheed beskeie gesê.

Waheed is vir sy optrede op sosiale media deur Hoërskool Punt bedank.

Die uitvoerend­e onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die direkteur van gemeenskap­sdienste, Elize Nel het Waheed by die munisipale kantore ontmoet om hom vir sy weldaad te bedank.

“Ons is trots op jou, op die voorbeeld wat jy vir ander personeel en vir ons gemeenskap stel, en op die positiwite­it wat daaruit voortgespr­uit het. Jou optrede spreek van goeie burgerskap. Mense is moeg van die negatiwite­it wat so maklik lewens oorheers. Mosselbaai is die uitsonderi­ng en ons moet altyd daarna streef om selfs nog beter te wees,” het Kotzé gesê.

“Jou optrede het ons trots gemaak op die kaliber personeel in diens van die munisipali­teit,” het Giliomee bygevoeg.

 ??  ?? Waheed Kannemeyer word deur die uitvoerend­e onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die direkteur van gemeenskap­sdienste, Elize Nel bedank vir sy weldaad wat ook op sosiale media aandag getrek het.
Waheed Kannemeyer word deur die uitvoerend­e onderburge­meester, raadsheer Dirk Kotzé, die munisipale bestuurder, adv Thys Giliomee en die direkteur van gemeenskap­sdienste, Elize Nel bedank vir sy weldaad wat ook op sosiale media aandag getrek het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa