Mossel Bay Advertiser

Vervoerkwe­ssie kwel ouers

- Cornelle Carstens

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer het vroeër vandeeswee­k in ‘n radio-onderhoud aangaande leerders in die provinsie wat steeds op plasing in skole wag, berig dat die getal sedert die skooljaar begin het van oor die 13 000 na onder 5000 gedaal het. Sy het te kenne gegee dat die departemen­t van onderwys (WKOD) steeds dringende aandag aan die probleem gee.

Plaaslik, het ouers in Sonskynval­lei, Brandwag en Ruiterbos ‘n groep gevorm naamlik, Greater Brandwacht Matters, juis om veral kwessies soos leerderver­voer aan te spreek omdat dit kinders uit hierdie gemeenskap­pe verhoed om skool by te woon.

Omdat leerderver­voer na en van hierdie areas deur die Wes-Kaap onderwysde­partement gestaak is, is leerders aangewese op koshuisver­blyf.

Die groep beskou die gebrek aan vervoer as ‘n wesenlike leerhinder­nis en het vandeeswee­k op Dinsdag, 20 April hulle eerste vergaderin­g belê waarna lede van onder meer die beheerligg­aam van Hoërskool Sao Bras genooi en teenwoordi­g was. Die vergaderin­g is op Brandwag gehou.

Van die belangriks­te besluite wat gedurende die vergaderin­g geneem is sluit in om die behoefte aan ‘n leerderver­voerskema vanaf die drie spesifieke dorpe formeel aan die WKOD voor te lê. Die onderskeie skole betrokke se samewerkin­g sal hierin gevra word. Die groep wil hierdie vervoerske­ma vir veral hoërskooll­eerders binne die WKOD se bestaande regulasies beding. Hulle staan ook koshuisinw­oning as ‘n gedwonge alternatie­f op leerderver­voer teen.

Volgens ‘n woordvoerd­er van die groep, is Chris Nissen van die Menseregte­kommissie ook reeds genader om by die onderhande­lingsprose­s betrokke te raak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa