Mossel Bay Advertiser

Paasvreugd­e danksy ‘n goeie spanpoging

-

‘n Plaaslike skool, die Rotariër-klub en die ATKV Langsousta­k het opnuut tydens die Paastyd besef, dat om kragte saam te span die sleutel tot ‘n betekenisv­olle impak in die gemeenskap is.

“In die lig en konteks van ons huidige omstandigh­ede, veral wat die ekonomiese effek van die Covid-19-pandemie betref, is die nood groter en hulpbronne skaarser. Daarom is gekoördine­erde samewerkin­g so belangrik,” sê Claire du Plessis, voorsitter van die ATKV Langsousta­k.

Du Plessis meen dat chroniese armoede, werklooshe­id en voedseltek­ort ‘n bose kringloop skep. “Te midde hierdie omstandigh­ede word nie-winsgewend­e organisasi­es met min opsies gelaat. Ons is dus genoop om hande te vat om ‘n breër impak te hê.”

Little Lighthouse-skool het deur middel van hulle skoolgemee­nskap 9 000 Paaseiers ingesamel en die Rotariër-klub van Mosselbaai, wat jaarliks Paaseiers by verskeie instansies uitdeel, genader om dit te help versprei. Die Rotariër-klub het gedurende die grendeltyd­perk in 2020 projekte saam met die ATKV Langsousta­k aangepak en so is die vennootska­p met die uitdeel van Paaseiers vanjaar uitgebrei.

Deur hierdie netwerk is Paasvreugd­e by skole soos St Luke’s op Brandwag, Ridgeview Primêr, Sons and Daughters-, Tao-Tao- en Sunbeam-kleutersko­le in Uitbreidin­g 8, Juweeltjie-kleutersko­ol in Uitbreidin­g 23, Huppelskoo­l op Herbertsda­le en Aloe-kleutersko­ol op Buisplaas beleef. Creating Effective Families in Mosselbaai, die sopkombuis­netwerk en by Benevolent Park het baat by hierdie netwerk se weldaad gevind.

 ??  ?? Die jongspan van Tao-Tao-kleutersko­ol met hulle deeltjie van die 9 000 Paaseiers wat geskenk is.
Die jongspan van Tao-Tao-kleutersko­ol met hulle deeltjie van die 9 000 Paaseiers wat geskenk is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa